Jy is die Skepper se meesterstuk

Jy is die Skepper se meesterstuk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.” (Jer 18:6)

“ U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.”  (Ps. 139:13,14)

’n Klompie hengelaars het sowat  ‘n eeu gelede in ‘n kroeg in ‘n dorpie in Skotland gesit en stories vertel oor die “groot” vis wat weggekom het. Een van die mans het beduie hóe gróót die vis is wat weggekom het, en per ongeluk die kelnerin se skinkbord uit haar hande geslaan.  ’n Vol teepot het ’n lelike bruin vlek teen die wit muur gespat. Die herbergier was moedeloos en het gesê dat hy die muur sou moes oorverf.

“Miskien nie, het die vreemdeling aangebied. “Laat ek kyk wat ek kan doen.” Die herbergier het hom maar laat begaan toe hy sy kunstas uithaal en begin om met potlode, kwaste en ’n  paar potjies verf die teevlek in te kleur. Kort voor lank het die bruin teevlek verander in die mooiste takbok met ’n paar reuse horings! Onderaan het die skilder sy naam geteken – Sir Edwin Landseer – ’n beroemde natuurskilder. ’n Ongeluk word ’n meesterstuk!

In GOD se hande sal Hy ook van jou ’n meesterstuk maak, maak nie saak hoe die lewe jou al gevlek of verniel het nie. Elke dag doen God se hande dit oor en oor in jou lewe. Hy kyk net een keer na jou lelike vlekke en begin dan om dit te vorm met Sy liefde. Jy kan dit dalk nie altyd raaksien nie, maar dag na dag is Hy besig met jou en my – sodat ons al hoe meer word soos HY ons wil hê. Ons seer en mislukkings is sy geleenthede om ons in Sy hande soos klei te vorm.

Dalk sien jy net die foute in jou lewe – en ook in ander mense se lewe, raak. Moenie! Laat toe dat GOD jou en ander om jou vorm en skilder met Sy Gees. Hy wil ons al hoe meer laat lyk soos ons Ouboet – soos Jesus! “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die HERE wat die Gees is.”Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.”(2 Kor 3:18)

Moenie moedeloos word as jy swaarkry of ly nie. GOD weet wat Hy doen – Hy is besig om  jou al hoe mooier te skilder vir die Koninkryk wat kom. Ons sien net die uiterlike dinge raak – Hy werk met ons innerlike gees. Ja, alles werk ten goede mee, vir dié wat Hom lief het. (Rom 8:26)

Hy is die Pottebakker – ons is die klei!

Jy is die Skepper se meesterstuk

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles