Blog

Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Gans-Berg Nuus / News

Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Baie is al oor die sendingvelde op die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal (ou Noord-Zululand) geskryf - onder andere het ‘n spannetjie Gansbaaiers onder leiding van Johan en Elcine Hulme al verskeie kerke oor jare heen daar vir die gemeentes gebou. Die permanente evangelis daar is Bongenkosie (Bongi) Mthembu en sy eggenote, Lindiwe wat hom bystaan en wat al in Gansbaai kom kuier het.

Daar is egter nie net ‘n behoefte aan kerkgeboue nie, maar ook sagte speelgoed, klere en veral warm klere vir baie kinders wat letterlik niks het nie. Verskeie groepe dames het al in die verlede ingespring en klere gemaak en truie en poppe gebrei. Tans is daar weer so ‘n projek van stapel gestuur, met enkele dames wat help.

Een van hierdie dames is Christa van Dyk van De Kelders. “Hierdie keer het ek besluit om my eie kop te volg en dit ‘n spesiale projek vir my te maak,” vertel Christa. Sy brei nie sommer gewone ‘pullovers’ (oortrek-kortmoutruitjies) nie - nee, dis spesiaal met ‘n kragie en al, asook baie spesiale, pragtige knopies en versieringtjies wat aangewerk word. Van die figuurtjies is onder andere paddatjies, bokkies, skoenlappertjies en dies meer. Die knopies is ook ‘iets vanuit’ ‘n ander wêreld wat sy gebruik - alles om die truitjies aantreklik en spesiaal vir die kindertjies te maak. Tydens die Gans-Berg Nuus se besoek aan huis van Christa en haar eggenoot, Coenie, het sy al byna 40 van die truitjies gebrei - die een so fraai soos die volgende een.

Christa en Coenie was self (vanaf 2006) deel van die jaarlikse spanne wat daar kerke gaan bou het. Verder is hulle ook bekendes agter die Tombola-tafel (aanvanklik) gedurende basaartye. Later het hulle na die Wit Olifanttafel oorgeskuif - met hulle motorhuis en woning wat soms ‘oorloop’ van tweedehandse ware wat hulle insamel. Hulle is twee hardwerkende en pragtige mense vir Gansbaai se NG-gemeente, maar veral vir Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes tydens basaartye.

 
Hardus Botha
Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

24-Hour Emergency Refrigeration Support

24-Hour Emergency Refrigeration Support

Fast response for refrigeration emergencies

Did you know?

Did you know?

Businesses with faster, more reliable internet report up to 30% higher productivity.

Orca Technologies
Growth starts with inner transformation

Growth starts with inner transformation

When Your Business Feels Stuck, Look Within

You are your business strategy

You are your business strategy

You, as the business owner, make or break your company's strategy.

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Grootbos Foundation hosted a free Premier League coaching workshop in Gansbaai for local grassroots coaches.

Grootbos Foundation
See All Articles