Blog

Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Die jaarlikse Spar-Rolbaldag was die eerste geborgde rolbaldag wat Franskraal Rolbalklub jare gelede begin aanbied het. “Gansbaai Superspar borg reeds vir baie jare die gewilde Walvis Classic, wat ongelukkig nie in 2023 kon plaasvind as gevolg van baanprobleme,” vertel Kokkie de Kock, President van Franskraal Rolbalklub. “Ons is dankbaar dat Gansbaai Superspar ons met ‘n ‘All Day’ opedag-borgskap tegemoet gekom het.” Kokkie sê die belangstelling was oorweldigend en dit was ‘n ‘fullhouse’ met 24 inskrywings. 

5 spanne van L’Agulhas, 2 van Kleinmond, 5 van Bonnievale en 12 van Franskraal het ingeskryf, met al die spelers wat die klub goed ondersteun het. “Die dames in die kombuis en ons kroegman het hulself goed van hul taak gekwyt,” sê Kokkie. “Die kompetisie was ‘n groot sukses, waarvoor ons oneindig dankbaar is.”

Die 1ste plek is deur ‘n Kleinmondspan ingepalm, 2de was een van L’Agulhas se spanne en 3de ‘n Franskraalspan - baie geluk aan hierdie drie rolbalspanne! Daar was weer ‘n hamper op die spel by die alombekende Spinwiel van die klub, wat deur Lorette Sieg gewen is.

Image 1
Kleinmond, 1ste: E Knoesen, Kokkie de Kock (oorhandiger), Hendriena Kotzé en Dirk Kotzé.
Image 2
L’Agulhas, 2de: J Woodcock, Kokkie de Kock (oorhandiger), P van Wyk en P Roux.
Image 1
Franskraal, 3de: D Roos, Kokkie de Kock, J Fick en P Witz.
Image 2
Lorette Sieg ontvang haar hamper van Kokkie de Kock.
 
Hardus Botha
Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

24-Hour Emergency Refrigeration Support

24-Hour Emergency Refrigeration Support

Fast response for refrigeration emergencies

Did you know?

Did you know?

Businesses with faster, more reliable internet report up to 30% higher productivity.

Orca Technologies
Growth starts with inner transformation

Growth starts with inner transformation

When Your Business Feels Stuck, Look Within

You are your business strategy

You are your business strategy

You, as the business owner, make or break your company's strategy.

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Grootbos Foundation hosted a free Premier League coaching workshop in Gansbaai for local grassroots coaches.

Grootbos Foundation
See All Articles