Blog

Gebore Gansbaaier Spesiaal Hier Opgetree - Sprankelende Belia Lourens

Gebore Gansbaaier Spesiaal Hier Opgetree - Sprankelende Belia Lourens

Gans-Berg Nuus / News

Gebore Gansbaaier Spesiaal Hier Opgetree - Sprankelende Belia Lourens

Belia Lourens, ‘n uiters begaafde sanger en gebore Gansbaaier, het onlangs in die Pretoriussaal opgetree en ‘n volgepakte saal met inwoners bo 70 jaar kon hulself in haar sang en sprankelende persoonlikheid verlustig. “Na 45 jaar lê Gansbaai, waar ek grootgeword het, steeds na aan my hart,” het Belia gesê. “Soveel mooi herinneringe het, met my aankoms, weer in my hart kom lê.”

Belia lewe volgens haar gunsteling aanhaling: “Liefde is my lewe, musiek is my asem” - sy glo daarin dat ʼn mens jou eie gelukkige deuntjie moet kies, want dan sal jy vrede hê. Dit is vir haar ‘n passie in haar lewe om mense se harte met haar stem aan te raak. “Ek is daarvan oortuig dat ‘n mens alles in die lewe kan verloor, maar nooit hoop nie,” sê sy.

Die geleentheid was een van die NG-gemeente se Bediening: Gasvryheid se vele projekte onder leiding van Elcine Hulme en haar span. Tydens hierdie geleentheid is inwoners bo 70 jaar onthaal en heerlik bederf - dis ‘n jaarlikse instelling. Vanjaar was dit saam met Belia Lourens. Die prag-versierde tafels was in pure ‘Valentyns-rooi’ getooi, om nie van die smaaklike spyskaart en nagereg te praat nie - geluk aan Elcine en haar gedugte span met ‘n suksesvolle aanbieding!

Belia het die gehoor op ‘n egte ‘memory lane’, met klassieke en ligter sangitems, geneem. Selfs ‘n paar ‘Golden Oldies’ is tot groot vermaak van die ouer garde gesing. Ds Hanri Joubert en ds Willie Kotze het soos vorige kere, ewe hard hulle lywe kelner-kelner gehou en sodoende ‘n vrolike bydrae rondom die gaste gelewer. Willie het die verwelkoming behartig en vertel hoe hy Belia Lourens (née Vermeulen) as ‘n dogter van Gansbaai onthou. Haar pa was die bekende wyle Sarel Vermeulen wat destyds op sy fiets naby Pearly Beach tydens ‘n ongeluk noodlottig beseer is. Belia is nie net ‘n gebore Gansbaaier nie, maar het sommer ook in Gansbaai ‘ingetrou’. Sy is met twee Gansbaai-susters, Betsie Bester en SD Fourie se jongste broer, Piet Lourens, getroud. Betsie is die eggenote van Habé Bester - voorwaar ‘n klein wêreld.

Image 1
Image 2
Image 3
 
Hardus Botha
Gebore Gansbaaier Spesiaal Hier Opgetree - Sprankelende Belia Lourens

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

24-Hour Emergency Refrigeration Support

24-Hour Emergency Refrigeration Support

Fast response for refrigeration emergencies

Did you know?

Did you know?

Businesses with faster, more reliable internet report up to 30% higher productivity.

Orca Technologies
Growth starts with inner transformation

Growth starts with inner transformation

When Your Business Feels Stuck, Look Within

You are your business strategy

You are your business strategy

You, as the business owner, make or break your company's strategy.

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Grootbos Foundation hosted a free Premier League coaching workshop in Gansbaai for local grassroots coaches.

Grootbos Foundation
See All Articles