Uilkraal Buurtwag paraat

Uilkraal Buurtwag paraat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die paraatheid van Uilenkraalsmond Buurtwag, onder leiding van Paul Venter as koördineerder, raak al meer sigbaar met etlike verbeteringe en toerusting wat bygevoeg is. Die aanvanklike karavaan wat as ‘n kantoor gebruik is, word nou op ‘n roteerbasis in die kampterrein geplaas en dien as ‘n satellietstasie.

Die koördineerder van Uilenkraalsmond Buurtwag, Paul Venter en sy eggenote, Doreen staan hier voor die nuwe gebou wat as kantore dien, maar ook vir ander doeleindes benut word

‘n Gerieflike gebou is in die plek daarvan opgerig wat as “hoofkantoor” benut word. “Die gebou dien egter verskeie doelwitte, soos die Kampkomitee wat daar vergader, ‘n satellietstasie vir Gansbaai SAPD en ‘n “Kliniek” vir privaatheid tydens die klinieksuster se besoeke,” vertel Paul, wat nou ook die voorsitter van die Kampkomitee is. “Die kantoor lyk al soos ‘n inligtingsentrum!”

Die Buurtwag is nou in sy tweede bestaansjaar, nadat dit op 20 Februarie 2012 gestig is en tot op datum was daar net drastiese vooruitgang. Tans is daar sowat 20 aktiewe lede. Kyk mens na die reeds bestaande toerusting en dienste wat onder andere beskikbaar is, is dit te verstane dat dit net goed kan gaan: 2-rigting radios vir elke dagbestuurslid; direkte selfoon-noodnommers; gerekenariseerde inligting; kameras bokant vloedligte (wat seine aan die SAPD, gholfkarre en die rekenaar in die Buurtwag se kantoor stuur); 2 gholfkarre en 2 fietse vir patrolliediens; inligtingskaarte vir bejaardes met kontaknommers van geneeshere en naasbestaandes, asook besoeke aan hulle; getroue maandverslae oor alle gebeure.

“Ons bly steeds afhanklik van donateurs aangesien ons nie geld vir hierdie dienste mag vra nie, daarom dan ook my opregte dank teenoor soveel donateurs wat al bygedra het,” sê Paul. “Met alles tot ons beskikking en ons organisering het ons verlede jaar Aprilmaand laas ‘n ernstige inbraak gehad.”

Die Dagbestuur van die Buurtwag bestaan tans uit Paul Venter (koördineerder), Koos Esterhuizen, Jurie Crous en Steven Olinsky, met Doreen Venter as die span se regterhand. Belangrike selnommers om van kennis te neem is die 24-uur “Rooi Telefoon”, 072-947-6147, of die gholfkar se selnom-mer, 076-188-9126.

Vir navrae kan Paul Venter by 076-795-1698 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan uilenwatch@gmail.com. 
Hardus Botha
 

Uilkraal Buurtwag paraat

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles