Laerskool Okkie Smuts Nuwe Skoolhoof

Laerskool Okkie Smuts Nuwe Skoolhoof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Okkie Smuts in Stanford se nuwe skoolhoof, mnr Kobus Koekemoer

Vanaf 1 Januarie 2014 is mnr Kobus Koekemoer as hoof van Laerskool Okkie Smuts aangestel. Mnr Koekemoer is in Grootfontein, Namibië gebore.

Hy het in Namibië skoolgegaan tot die einde van sy standerd 7 jaar. Vanaf standerd 8 was hy in die koshuis op Porterville waar hy in 1987 matrikuleer. Mnr. Koekemoer ontvang ‘n beurs om onderwys aan die destydse Wellingtonse Onderwys Kollege te studeer. Hier behaal hy sy HOD in 1991 met Ligaaamlike Opvoeding en Geografie as hoofvakke.

Sy onderwysloopbaan begin in 1992 by die Hoërskool in Swakopmund, Namibië waar hy LO en Biologie onderrig. In 1993 meld hy aan vir diensplig in Oudtshoorn waar hy vorder tot opleidingsoffisier met die rang van Luitenant. Sedert Julie 1994 is mnr Koekemoer as onderwyser by Laerskool Gansbaai aangestel, waar hy in 1997 tot Departementshoof bevorder word. In Desember 1997 tree hy met Marlene (Thesner), ‘n onderwyserres by Laerskool Gansbaai, in die huwelik. Die egpaar het twee dogters, Marilu (15) en Mart-Mari (13).

In 2006 verruil mnr Koekemoer die onderwys vir die privaatsektor en bestuur ‘n maatskappy met ongeveer 2,000 kliënte en 50 werknemers. Hy glo dat hierdie bestuursondervinding hom ongelooflik baie gebaat het. In 2012 maak hy sy terugkeer na die onderwys en word as Adjunkhoof van Gansbaai Academia aangestel, waar hy Geografie van graad 10 tot graad 12 onderrig. Mnr Koekemoer het ‘n passie vir die onderwys en die ontwikkeling van kinders op akademiese- kulturele- en sportgebied.

Hy is tans besig om deeltyds onderwysbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Hy beskik oor ‘n IRB vlak 2 rugby afrigtingskwalifikasie en is ‘n gewalifiseerde skeidsregter. Volgens Mnr Koekemoer glo hy Laerskool Okkie Smuts beskik oor ongelooflike potensiaal. Volgens hom het die tyd aangebreek om dit te ontwikkel. Met ‘n uitstekende personeel en betrokke ouers kan Laerskool Okkie Smuts met die beste in die Wes-Kaap kompeteer. Hy sien die leuse “Excelsior” as ‘n aansporing om Laerskool Okkie Smuts tot  sy reg te laat kom. “Saam met die ouers en die kerke in ons omgewing kan die skool weer die kern van die gemeenskap vorm.”

Administrasie: Laerskool Okkie Smuts

Laerskool Okkie Smuts Nuwe Skoolhoof

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles