Poppe vir Transkei

Poppe vir Transkei

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die twee vlytige susters van De Kelders, Judy Naude (links) en Edith Keyter het weer eens ‘n aantal lappoppe (11) vir die NG Vrouediens se Uitreikaksie gemaak, hierdie keer met Transkei as bestemming

Judy Naude (75) en haar suster, Edith Keyter (71), altwee van De Kelders, is twee “ou” hande met die maak van pragtige lappoppe vir liefdadigheid. Onlangs het hulle weer 11 van die lappoppe vir die NG Vrouediens se Uitreikaksie gemaak.

“Hierdie poppe is bedoel vir die Transkei waar ds Christo Wooding die leraar is en sal, saam met ander items, aan kinders wat geen voorregte geniet, uitgedeel word,” sê Elcine Hulme van die Uitreikaksie.

“Dit is met groot dankbaarheid en waardering dat ons hierdie tipe van skenkings aanvaar en dit is nog ‘n groter vreugde om dit te versend na waar dit sonder twyfel waardeer sal word.” Judy en Edith sê hulle hou daarvan om die lappoppe te maak. “Dit is net die hare wat baie tydrowend is,” vertel Edith. Hulle werk sowat drie dae aan ‘n pop, maar dit is met al hulle huishoudelike verpligtinge tussendeur. Judy sê haar eggenoot, Sarel is baie geduldig wanneer sy haarself daarmee besig hou, maar Edith sê so dan en wan brom haar eggenoot, Fanie as sy te lank besig bly, maar darem nie te erg nie.

Die Uitreikaksie het al verskeie kere en oor etlike jare heen aan die gemeentes op die Makhathini-vlaktes besoek afgelê waar daar gewoonlik baie hard gewerk word aan die bou van kerke. ‘n Besending van Judy en Edith se poppe is al daar ook aan kinders uitgedeel. “Ons is altyd opreg dankbaar vir bydraes soos dié wat nou weer deur Judy en Edith gelewer is.

Soms word dit aan die evangelis, Bongenkosi (Bongi) Mthembu op die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal gestuur en soms aan ds Christo Wooding vir die gemeentes in die Transkei,” sê Elcine.

Belangstellendes om by liefdadigheid by enige van hierdie twee uiteenlopende gebiede betrokke te raak, kan vir Elcine by 028-388-0814 of 082-564-1959 skakel.

Hardus Botha

Poppe vir Transkei

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles