Die pad na AVs

Die pad na AVs

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Links is Clive Bailey (aanbieder) saam met Marc du Plessis wat hom tydens die aanbieding van die maak van AV’s (audio visual) bygestaan het

“AV’s is ‘n aspek ‘in ‘n ander klas’”, het Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub tydens sy verwelkomingsrede gesê. Hierdie stelling het duidelik geblyk uit klublid Clive Bailey se aanbieding op die gebied van die maak van AV’s (audio-visual / oudiovisueel) vir beginners.

“Die doel van AV’s is om jou foto’s op ‘n netjiese en interessante wyse aan familie of vriende te vertoon,” het Clive begin. Deur hierdie tegniek te bemeester, kan jy jou eie skyfie-vertoning of selfs kort film maak, ingesluit uitgesoekte musiek of selfs stemme daarmee saam. In kort beteken dit dus die bymekaarbring van foto’s, agtergrondmusiek en/of vertellinge in die vorm van ‘n skyfievertoning of film (video clip) - beslis ‘n unieke idee vir ‘n “foto-album”.

Verskillende programme is beskikbaar, maar Clive het van Windows Move Maker 2.6 gebruik gemaak. Dié program kan gratis afgelaai word van http://windows.microsoft.com/en-za/windows-live/movie-maker#t1=overview.

Sagte ware is ook bespreek, met Clive wat http://www.wnsoft.com/ verkies. Clive het eers die klub se ander kundige, Marc du Plessis, geleentheid gebied om een van sy AV’s te vertoon om die lede ‘n goeie idee van die eindresultaat te gee. Daarna het Clive die onderskeie stappe volledig en met voorbeelde verduidelik, wat deur klublede op hul eie skootrekenaars gevolg is. Dit sou egter nie sinvol wees om dit in woorde te probeer omskryf nie.

“Wat belangrik is, is om ‘n lêer (folder) te skep om alle materiaal wat gebruik gaan word, asook die gefinaliseerde AV, in te stoor,” het Clive gesê. Hy het ook na enkele nuttige idees verwys wat aangewend kan word. Belangstellende lede kan hul eie AV’s intussen maak, wat tydens die volgende byeenkoms op Maandag, 17 Februarie vertoon en bespreek sal word.

Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Die pad na AVs

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles