Voor vlnr sit Bertha Brits (leidster), Johanna Swart (sekretaris), Christie Groenewald (stigterslid) en Fienie du Toit (oudste lid), met die res van die netjiese dames van Kleinbaai See-en-Tee agter hulle
Die mooi versierde kaartjie wat elke lid ontvang het is deur Maureen Voigt gemaak, met Maryna Rossouw wat die groep se 25-jarige geskiedenis kort-liks, maar op ‘n uitsonderlike wyse, geskryf het en op die kaartjie laat aanbring het. Dit lees soos ‘n feeverhaal. Gedurende November 1988 het ‘n klein groepie dames rustig gesit en gesels en ‘n voorstel dat hulle maandeliks bymekaar moet kom, oordink - sommernet om te gesels.
“Ons woon so een-een en ver van mekaar en ons leer mekaar van brei of borduur, of blomme rangskik…en aan die einde van ‘n uur? Dan drink ons tee en ‘n ietsie om te eet daarby!” Toe kom die groot besluit: hulle wil ‘n naam hê wat eie aan hulle woonplekke in Kleinbaai by die see is. Op 19 Februarie 1989, 25 jaar gelede, breek die naam toe deur: “Die Kleinbaai See-en-Tee!” Sedertdien kom die dames 9 keer per jaar bymekaar en het die aantal lede al na net minder as 50 gegroei.
Die enigste oorlewendes van die oorspronklike 13 stigterslede is Veronica Beyleveld, Christie Groenewald en Ina Rossouw. Christie het die 25ste verjaardagvieringe bygewoon, maar die ander twee kon ongelukkig nie teenwoordig wees nie.
Al is die groep nie noodwendig “jonk” nie, dui hulle samesyn op absolute “jonkheid van gees”, lewendige byeenkomste wat soms gereël word en om dan nie eens van die netjiese uitrustings te praat nie!
Die hoof- en ander tafels was pragtig en netjies en met kundigheid versier - ‘n lus vir die oog om te aanskou en met allerlei verleidelike lekkernye daarmee saam! Enige navrae rakende Kleinbaai See-en-Tee kan aan Bertha Brits by 028-384-0223 gerig word.
Hardus Botha
Kwart Eeu vir See en Tee
13 February 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK
For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom
Being comfortable with myself sets me free.
Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success
GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE!
Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property
Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.
R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.
October’s Latest Women’s Fashion Arrivals
New month, new pieces at Komtessa Boutique.











