Kwart Eeu vir See en Tee

Kwart Eeu vir See en Tee

Gansbaai Courant

Voor vlnr sit Bertha Brits (leidster), Johanna Swart (sekretaris), Christie Groenewald (stigterslid) en Fienie du Toit (oudste lid), met die res van die netjiese dames van Kleinbaai See-en-Tee agter hulle

Die mooi versierde kaartjie wat elke lid ontvang het is deur Maureen Voigt gemaak, met Maryna Rossouw wat die groep se 25-jarige geskiedenis kort-liks, maar op ‘n uitsonderlike wyse, geskryf het en op die kaartjie laat aanbring het. Dit lees soos ‘n feeverhaal. Gedurende November 1988 het ‘n klein groepie dames rustig gesit en gesels en ‘n voorstel dat hulle maandeliks bymekaar moet kom, oordink - sommernet om te gesels. 

“Ons woon so een-een en ver van mekaar en ons leer mekaar van brei of borduur, of blomme rangskik…en aan die einde van ‘n uur? Dan drink ons tee en ‘n ietsie om te eet daarby!” Toe kom die groot besluit: hulle wil ‘n naam hê wat eie aan hulle woonplekke in Kleinbaai by die see is. Op 19 Februarie 1989, 25 jaar gelede, breek die naam toe deur: “Die Kleinbaai See-en-Tee!” Sedertdien kom die dames 9 keer per jaar bymekaar en het die aantal lede al na net minder as 50 gegroei.

Die enigste oorlewendes van die oorspronklike 13 stigterslede is Veronica Beyleveld, Christie Groenewald en Ina Rossouw. Christie het die 25ste verjaardagvieringe bygewoon, maar die ander twee kon ongelukkig nie teenwoordig wees nie.

Al is die groep nie noodwendig “jonk” nie, dui hulle samesyn op absolute “jonkheid van gees”, lewendige byeenkomste wat soms gereël word en om dan nie eens van die netjiese uitrustings te praat nie!

Die hoof- en ander tafels was pragtig en netjies en met kundigheid versier - ‘n lus vir die oog om te aanskou en met allerlei verleidelike lekkernye daarmee saam! Enige navrae rakende Kleinbaai See-en-Tee kan aan Bertha Brits by 028-384-0223 gerig word.

Hardus Botha

Kwart Eeu vir See en Tee

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles