Besigheidsliga

Besigheidsliga

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 2014 Gansbaai Besigheidsliga het op 4 Februarie begin.  Twintig spanne ding in 5 seksies op 'n rondomtalie formaat teen mekaar mee. 

Die wenners van elke seksie sal teen mekaar speel om die kampioen te bepaal en dié span sal dan weer teen die wenspanne van die ander besigheidsligas in die Boland uitspeel om die Boland kampioen te bepaal.  Verlede jaar was Omega van Gansbaai (Franskraal) die algehele wenner en kampioen.

Die eerste rondte het met groot geesdrif begin.  Die atmosfeer was gesellig en die rolbal wat gespeel is verbasend goed.  Kleurvolle T-hemde met interessante name daarop soos Mafokkies (wat dit ook al beteken!), Incredibowls en Rooi Rosies het bygedra tot die plesierigheid.

Die voorlopers in elke seksie na die eerste wedstryd is soos volg:

Seksie 1 – Great White Sharks (Mans) – 2+18

Seksie 2 – Academia – 2+13

Seksie 3 – L&S Motors – 2+5

Seksie 4 – Lumber City – 2+16

Seksie 5 – Great White Sharks (Dames) – 2+3

As ‘n mens sien hoe hierdie deelnemers die spel en mekaar geniet, dan besef jy watter wonderlike aktiwiteit rolbal is om mense bymekaar te bring.  Enigiemand wat belangstel kan gerus die moeite doen om te kom kyk op Dinsdae vanaf 18h00.   
Pieter Conradie

Besigheidsliga

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles