Waar staan ons nou

Waar staan ons nou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op die oomblik is ons wat hengel betref, tussen die boom en die bas. Tyd vir ‘n rukkie stilstaan om te sien hoe die hengelmoontlikhede nou lyk of waarnatoe ons beweeg.

Kabeljou word nog gevang en resultate verskil nie vreeslik baie van dag tot dag nie. Die vraag is hoe lank gaan dit nog aanhou. Die manne met die amperbootjies het die botoon gevoer, al vanaf  November, verlede jaar. Binnekort egter, en ons praat van so einde Maartmaand af, sal hierdie manne moet kniebuig voor die ouens met die groter bote. Dit is wanneer die weer begin verander en die kabeljou na die dieper water begin padgee. Dis ‘n veilige voorspelling, want so gaan dit maar jaar na jaar.

Hoe lyk dit op die oomblik? Blykbaar is daar baie kriel te bespeur en wie weet nie dat dit ‘n ope uitnodiging is aan vis soos snoek onder andere nie? Die noordwester wat so tussenin gereeld gesig wys is ook gunstig vir geelbek, maar voldoen nie altyd aan die vereistes nie. Ek verstout myself om te meld dat, wat my betref, daar nie so baie kabeljou hierdie seisoen uitgebring is nie. Die ouens wat regtig goed gevaar het was juis die amperbootjie-brigade wat hierdie storie behoorlik onder die knie het en met goeie oordeel ingeklim het onder die vis. Ook die manne met die lang stokke het baie goed gevaar en dit het nie net by kabeljou gebly nie. Goeie vangste steenbras is gemaak en geelbek is ook aangekeer.

Wat opvallend is is die groot skole klein maasbankertjies en hardertjies wat nou oral opduik en ook groot dinge voorspel. Hoewel hierdie klein vissies goeie aas vir die groter weergawes is kan hulle nogal lastig raak as die groot en vet hotties wat nou aan die byt is begin ernstig raak. So tussen in laat hulle darem ook tyd vir ‘n ordentlike roman om in die boot te beland.

Struisbaai het hierdie jaar al menige boothengelaar gelukkig gemaak met die groot geelsterte wat daar gevang is, maar die afgelope Saterdag was nie een van daardie dae nie. Skielik was hulle skaars en baie min is gevang. Die hengelaars wat die toestande daar ken meen hierdie verslapping sal net tydelik gewees het en teen die tyd dat hierdie rubriek gelees word, gaan dit hopelik weer klopdisselboom!

So moet ons maar die kat uit die boom kyk en met die oog op die weer, neus op die grond en ore wyd oop, bly maar gereed.

Nou onlangs iets verneem wat vir meeste mense seker nuus sal wees. Wie besef dat Telkom verantwoordelik is vir die deursein van die “Mayday”-radiosein na die NSRI? Dit laat jou besef dat Telkom ook met reg in die ry kan staan wanneer komplimente uitgedeel word. So, van ons kant af, baie dankie!

Groete, Seemeeu

Waar staan ons nou

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles