Die waarheid van die balk en die splinter

Die waarheid van die balk en die splinter

Gansbaai Courant

“Skynheilige! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.”  (Mat 7:5)

Het jy al christene die volgende hoor sê?

“Ek wil nie sleg praat nie, maar dis darem erg hoe hy....” “Moenie dink ek kritiseer haar nie, maar die manier waarop sy......” “Ek wil nie oordeel nie, maar as jy darem sien wat hy alles aanvang...”

Is jy ook een die hierdie “skynheilige” christene wat in jou gedagtes die hele tyd oordeel oor “ander” mense wat rook, drink, dans, uitspattig lewe, en noem maar op al die dinge wat jou irriteer? Hoor wat sê Jesus: “You Hypocrite!” “Jou skynheilige!” 

Jy mag nie ‘n waarde-oordeel oor ander mense uitspreek nie – want dieselfde oordeel sal ook na jou toe terugkom – van GOD af!

Hoekom mag ons nie ander oordeel nie? As jy agter Jesus aanloop as Sy dissipel is jou doel nie om as regter op te tree nie, maar om die Koning se volgeling te wees. As jy dan wel iets teen jou broer het, bid vir hom! (Mat 5:44;  Jak 5:16) Natuurlik kan ons nie ander se sonde en foute aanvaar nie - maar Jesus verbied ons om die sondaar te straf. Hoe straf ons hulle? Deur hulle te oordeel, nie met hulle op die regte tyd daaroor te praat, of nie vir hulle te bid nie! Onthou altyd hoeveel genade jy alreeds van GOD ontvang het!

Hoekom oordeel ons dan as christene so maklik ander mense? Jesus stel dit duidelik as Hy jou eie sonde met ’n dik stuk hout, ’n balk in jou oog, vergelyk. (Eina,  dit maak my oog só seer op hierdie oomblik!)  Die fout wat jy in ’n ander een se oog raaksien is slegs ’n splinter – ’n baie klein stukkie hout! En waar kom hierdie splinter vandaan? Van jou balk af! Ja, eintlik sal jy nooit foute in ander mense raaksien as jy die balk eers uit jou eie oog verwyder het nie. Iemand het eenkeer gesê: Al die foute wat ek in ander raaksien, is in myself teenwoordig! (Cherie Carter Scott – If life is a game, these are the rules)

As jou fokus op Jesus is en jy Sy volgeling is – sal jy weet Hy het al jou sondes volkome vergewe – en jy sal ophou om ander mense, groepe of kerke oor elke dit of dat te wil veroordeel – want  Jesus sê jy mag nie oordeel nie! Hoeveel makliker sal ons as mede-gelowiges nie met mekaar oor die weg kom as ons mekaar met verskille en al aanvaar nie!

“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.” (Ef. 4:2)

Die waarheid van die balk en die splinter

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles