Blog

'Sprokies' Groeneweide-Pretstap vir Gestremdes

'Sprokies' Groeneweide-Pretstap vir Gestremdes

Gans-Berg Nuus / News

'Sprokies' Groeneweide-Pretstap vir Gestremdes

Donderdag, 23 Maart 2024 te Groeneweide, so op Menseregte Dag, was ‘n dag wat nog lank onthou sal word. ‘n Suksesvolle Bewusmakingsdag vir Gestremdes is in die vorm van ‘n gesellige stap van 5km op die bestaande parkrunroete te Groeneweide aangebied en is goed bygewoon. Die trek van gelukkige nommers en die oorhandiging van pryse, was niemand anders nie as die beeldskone Miss Gansbaai Academia 2024, Anabella Rathbone - mensig, en was sy nie pragtig geklee nie?! 

Die Gans-Berg Nuus was met hulle volle personeelkorps daar om deel te neem en het ook die vooraf advertensie geborg. (Sien ‘before’ foto’s, maar die ‘after’ foto’s is gesensor!). Dit was ‘n geselligheid soos min, met besighede wat die hande baie diep in die sakke gesteek het vir behoorlike geskenke en pryse - die oorhandiging van al die pryse het langer geduur as die pretstap self, soveel pryse was daar!

Die inisieerder van die pretstap was Manie Veldman en sy eggenote, Elsie, saam met ‘n groot groep helpers. Manie het Gans-Berg Nuus meegedeel dat hy op die gedagte van ‘n Bewuswordingsdag vir Gestremdes gekom het terwyl hy sit en dink het dat daar nog nooit so ‘n dag hier gereël is nie. “Dit was ‘n vinnige besluit en ons het net 3 weke tyd vir al die reëlings gehad, maar ek is dankbaar dat ons dit kon regkry,” vertel Manie.

‘n Tyd gelede het Manie The Wheelie Bunch gestig. Die doel daarvan is om mense bewus te maak van gestremdes, asook hulpverlening aan hulle. “Ek is oorweldig met die pretstap se reaksie, asook skenkings wat The Wheelie Bunch direk daarna ontvang het,” vertel Manie. Hy sê hulle het 2 x rolstoele, 1 x loopraam, 1 x walking stick, 2 x stelle krukke en 2 x hout uitgekerfde kieries ontvang.

Manie is sedert Augustus 2022 in ‘n rolstoel na ‘n breinoperasie wat hy ondergaan het. Na sy besoek aan Sean van Sports Therapy Gansbaai, vertel Manie dat hy self uit sy rolstoel kan kom om onder andere op sy bed te klim - iets wat hy nooit gedink het moontlik sou wees nie.

Manie het alle betrokkenes by die pretstap bedank vir die wonderlike samewerking. “Ek nooi almal wat van gestremdes weet, om my met ‘n naam, van en kontaknommer per whatsapp te kontak,” sê Manie. “Ek is besig om ‘n data-basis van gestremdes saam te stel en wil graag so veel as moontlik gestremdes daarby intrek.” Manie kan by 078 394 8708 gekontak word.

 
Hardus Botha
'Sprokies' Groeneweide-Pretstap vir Gestremdes

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles