Blog

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Gans-Berg Nuus / News

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidsregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer, ‘n Diploma in Analitiese Chemie (1986), ‘n B.Proc-graad (1997), en ‘n versamelaar van klein James Bond modelmotortjies en renmotortjies....waar trek mens die streep as alles net binne een persoon gesetel is? - Natalie Louw van Franskraal. “Wat doen jy nie?” - “Ek vang nie vis nie!”

“In 2017 het ek ‘n vakansie in Franskraal by ‘n vriendin deurgebring, maar ek het niks van die plek gehou nie,” vertel Natalie. “Later het my siening verander en ek het ‘n erf in Franskraal gekoop en my huis laat bou.” In 2020 tree Natalie uit diens by die Departement van Justisie en op 8 September 2021 verhuis sy na Franskraal. Vir die eerste week woon sy in Uilenkraalsmond en daarna by ‘n vriendin totdat haar huis voltooi is. Op 15 Desember 2021 kon sy by haar huis intrek en sommer binne die eerste week beleef sy haar eerste inbraak.

In 2003 begin Natalie skilder, met haar eerste skildery as ‘n self-portret en daarna ‘n woestyn-toneel. “Ek wou aangaan met skilder, maar het drie weke later opgehou,” vertel sy. “Al die skilderye wat ek dus hier het, is hier geskilder.” In 2001 skryf sy haar eerste gedig, gevolg deur ‘n Biografie en daarna kortverhale.

In 2016 het sy aan haar boek, ‘The Professor’, ‘n aksie- en spanningsverhaal, begin skryf. “In hierdie boek is sy nie die alledaagse 007 nie, maar met haar vele talente en skerpsinnigheid is sy ‘n ‘mag’ om mee rekening te hou!”, skryf haar uitgewer. “Ek beplan ‘n opvolg vir die boek, maar het dit eers op ys geplaas en sal dit dalk later vanjaar weer aanpak,” sê sy. Daarna volg nog ‘n boek, Drome en Gedagtetjies’, wat sy self gepubliseer het, voordat sy in 2016 haar boek, ‘Battle for Cahir Castle’ aangepak het. Die boek bevat uitgesoekte gedigte en kort stories, wat sy ook self gepubliseer het.

Daarna wissel haar aktiwiteite periodiek tussen die skilder-, dig- en skryfkuns. “Om ‘n boek te skryf is baie emosievol en dan skakel ek sommer oor na skilder.” Sy sê sy voel soms dat sy by ‘n rubicon uitgekom en moet besluit of sy wil skryf of nie. “Vandat ek hier op my eie is, is dit makliker en ek spandeer naastenby ewe veel tyd aan skilder en skryf,” vertel sy. “Ek skryf byvoorbeeld iets en onverwags ‘triger’ iets anders my en dan begin ek dit skilder.” Sy sê die rede daarvoor is dat sy nie vasgevang wil wees nie en doen wat sy graag wil doen. As sy langs die see stap, sien sy soms iets en tuis begin sy om dit op papier vas te vang. Wanneer sy weer pragtige kleure sien, dan sien sy ‘n skilderdoek (canvas) in haar gedagtes en begin skilder.

Dit alles eindig egter nie daar nie. Natalie het ook met beeldhouwerk begin. “Om ‘n klip te begin kap, verskaf groot satisfaksie aan my - eintlik is die beeld reeds daar, dit moet net ‘oopgekap’ word,” vertel sy. “Skilder en beeldhouwerk loop vir my hand aan hand en dan kom fotografie ook nog by - ‘n aktiwiteit waarvoor ek baie lief is.” Vergeet ook nie van haar versameling van karretjies nie - en dis nie sommer enige karretjies nie - meeste is ingevoer en sy verkies hoofsaaklik renmotortjies, asook James Bond motortjies en ken ook al die name van renmotors waarmee gejaag word.

In die verlede het Natalie selfs aan ‘n skietklub behoort en goed gevaar. Sy vind dit makliker om oor iets te skryf wat sy self ervaar het, daarom ken ek ook al die wapens se name. Om ‘n motor te bestuur met ‘n blinde navigator in haar eerste motor, ‘n rooi Alfa GT, was ‘n verdere ervaring vir haar. Op die renbane van Kayalamie is sy in ‘n BMW gelaai vir ‘n paar vinnige rondtes. “Die bestuurder het gevra of ek bang is, toe sê ek nee, solank jy net nie bang is om jou regtervoet diep te laat trap nie!” Sy het ook vir ‘n bekende tydskrif, ‘Wrapped’ geskryf, was ook ‘n vryskutjoernalis vir ‘n koerant, ‘The Reporter’. Natalie was vir 11 jaar aktief by padlope betrokke, was ‘n skeidsregter en het ook met die roete-meters gewerk.

Natalie was getroud en het twee seuns, onderskeidelik van 38- en 40 jaar. “Ek is ‘n ‘ouma-in-wording’ met die eerste kleinkind wat in Oktober sal aankom,” spog sy. “Ek is nou 69 jaar ‘jonk’, maar kan nie wag om 70 te word nie - ek dink dit is ‘n lekker ouderdom!”

 
Hardus Botha
Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Skaakspelers na Wes-Kaap Skaakkampioenskappe

Skaakspelers na Wes-Kaap Skaakkampioenskappe

Ons beste wense vergesel die 23 Gansie-skaakspelers.

Laerskool Gansbaai
Own Your Life: Embrace Responsibility

Own Your Life: Embrace Responsibility

When we take responsibility for everything in our lives, we claim the power to not only change ourselves but also the world around us.

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Lara se klavierspel voer sy op soos wat die gevoel in haar opkom.

Gans-Berg Nuus / News
Our New Feathered Friends!

Our New Feathered Friends!

Meet Heidi and Peter, our lovely new bird friends who have flown in to join us. 

Herberg aan See
Spaces4Sport, Conservation Research, and More!

Spaces4Sport, Conservation Research, and More!

This is Spaces4Sport - the outdoor office of our Sports Development team and a safe place for all the youth of Gansbaai.

Grootbos Foundation
Empowering Youth

Empowering Youth

At Grootbos Foundation, our Sports for Good sessions go beyond sports.

Grootbos Foundation
See All Articles