Blog

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so ‘ietwat’ van die klub se gewone maandelikse kompetisies. Hierdie was hulle jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie met behoorlike pryse op die spel - baie geluk aan die bestuur met ‘n suksesvolle boothengeldag!

Groot vis is maar aan die skaars kant en, met ‘n paar uitsonderings, is dit hoofsaaklik hangbergers (hotties) wat gevang is, maar darem met ‘n paar mooies tussenin. Sowat 15 bote met hul skippers en bemanningslede het aan die kompetisie deelgeneem. Die Swaarste Sak (8.35kg) is deur Ben Uys en Paul Venter gevang - ‘n verskilletjie van 0.5kg vir die Swaarste Vis het gemaak dat Ben Uys met die prys wegstap!

Die res van die pryswenners was:

Mans Grootste Vis - Anthony Woudberg (bonito, 2.2kg); Mans 2de Grootste Vis - Rudi Eksteen (kabbeljou, 1.5kg); Mans 3de Grootste Vis - Leon Lombaard (hottie, 1.15kg).

Dames Grootste Vis - Debbie James (bonito, 2.5kg); Dames 2de Grootste Vis - Melanie Burger (geelstert, 1.55kg); Dames 3de Grootste Vis - Madelein Wentzel (silwervis, 0.80kg).

Mans Juniors Grootste Vis - Chris du Toit (hottie, 1.1kg).

Dames Juniors Grootste Vis - Carla du Toit (hottie, 1kg).

Die pryse vir die hengelaars was sekerlik nie te versmaai nie. Mans Swaarste Vis - 1ste, R5000 / 2de, R3000 / 3de, R2000; Dames Swaarste Vis - 1ste, R3000 / 2de, R2000 / 3de, R1000; Juniors (Mans en Dames) - R1000 elk.

Knap gedaan! Maak gerus volgende jaar weer so!

 
Hardus Botha

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

24-Hour Emergency Refrigeration Support

24-Hour Emergency Refrigeration Support

Fast response for refrigeration emergencies

Did you know?

Did you know?

Businesses with faster, more reliable internet report up to 30% higher productivity.

Orca Technologies
Growth starts with inner transformation

Growth starts with inner transformation

When Your Business Feels Stuck, Look Within

You are your business strategy

You are your business strategy

You, as the business owner, make or break your company's strategy.

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Grootbos Foundation hosted a free Premier League coaching workshop in Gansbaai for local grassroots coaches.

Grootbos Foundation
See All Articles