Blog

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so ‘ietwat’ van die klub se gewone maandelikse kompetisies. Hierdie was hulle jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie met behoorlike pryse op die spel - baie geluk aan die bestuur met ‘n suksesvolle boothengeldag!

Groot vis is maar aan die skaars kant en, met ‘n paar uitsonderings, is dit hoofsaaklik hangbergers (hotties) wat gevang is, maar darem met ‘n paar mooies tussenin. Sowat 15 bote met hul skippers en bemanningslede het aan die kompetisie deelgeneem. Die Swaarste Sak (8.35kg) is deur Ben Uys en Paul Venter gevang - ‘n verskilletjie van 0.5kg vir die Swaarste Vis het gemaak dat Ben Uys met die prys wegstap!

Die res van die pryswenners was:

Mans Grootste Vis - Anthony Woudberg (bonito, 2.2kg); Mans 2de Grootste Vis - Rudi Eksteen (kabbeljou, 1.5kg); Mans 3de Grootste Vis - Leon Lombaard (hottie, 1.15kg).

Dames Grootste Vis - Debbie James (bonito, 2.5kg); Dames 2de Grootste Vis - Melanie Burger (geelstert, 1.55kg); Dames 3de Grootste Vis - Madelein Wentzel (silwervis, 0.80kg).

Mans Juniors Grootste Vis - Chris du Toit (hottie, 1.1kg).

Dames Juniors Grootste Vis - Carla du Toit (hottie, 1kg).

Die pryse vir die hengelaars was sekerlik nie te versmaai nie. Mans Swaarste Vis - 1ste, R5000 / 2de, R3000 / 3de, R2000; Dames Swaarste Vis - 1ste, R3000 / 2de, R2000 / 3de, R1000; Juniors (Mans en Dames) - R1000 elk.

Knap gedaan! Maak gerus volgende jaar weer so!

 
Hardus Botha

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Skaakspelers na Wes-Kaap Skaakkampioenskappe

Skaakspelers na Wes-Kaap Skaakkampioenskappe

Ons beste wense vergesel die 23 Gansie-skaakspelers.

Laerskool Gansbaai
Own Your Life: Embrace Responsibility

Own Your Life: Embrace Responsibility

When we take responsibility for everything in our lives, we claim the power to not only change ourselves but also the world around us.

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Lara se klavierspel voer sy op soos wat die gevoel in haar opkom.

Gans-Berg Nuus / News
Our New Feathered Friends!

Our New Feathered Friends!

Meet Heidi and Peter, our lovely new bird friends who have flown in to join us. 

Herberg aan See
Spaces4Sport, Conservation Research, and More!

Spaces4Sport, Conservation Research, and More!

This is Spaces4Sport - the outdoor office of our Sports Development team and a safe place for all the youth of Gansbaai.

Grootbos Foundation
Empowering Youth

Empowering Youth

At Grootbos Foundation, our Sports for Good sessions go beyond sports.

Grootbos Foundation
See All Articles