Blog

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een. So was dit weer op Dinsdag, 19 Maart 2024 in die Great White House. Arabella Wyne, net buite Ashton, het nie teleurgestel nie - geurige en kwaliteit wyne is geniet.

Nadat voorsitter Japie Spies die administratiewe sake afgehandel het, is die aanbieders van Arabella Wynkelder, Danian Antonowitz en Wynand Malan, aan die gaste voorgestel. Danian, wat die aanbieding waargeneem het, is oorspronklik van De Doorns en het vir 2 jaar Hotel Bestuurswese aan die International Hotel School studeer. Daarna volg enkele bestuursposte en verdere studies vir hom. Die hotelbedryf is waar hy sy groot liefde vir Suid-Afrikaanse wyne ontwikkel het. In 2022 besluit hy en sy eggenote om platteland toe te trek en aanvaar hy ‘n pos by Arabella Wynkelder. 

Die gaste is met ‘n geurige Pink Panacea 2023 (Droë Rosé) verwelkom. Die wyne wat te proe aangebied is, was: Chenin Blanc (2023), Sauvignon Blanc (2023) en Chardonnay (2023), saam met die voorgereg; Merlot (2023), Pinotage (2022) en Carbernet Sauvignon (2022), saam met die hoofgereg; Shiraz (2022) en Reserve Shiraz Vionier (2022), saam met die nagereg.

Sjef Chris Pead van die Great White House was weer op sy stukke met sy spyskaart: Voorgereg - Cheese and Chorizo Phyllo; Hoofgereg - Oven Pork Fillet Medallions; Nagereg - Baked Apple Songe Tart.

Intussen het Charl Terblanche weer geleentheid ontvang om sy gebruiklike wyn-wenke aan die gaste oor te dra - hierdie keer het hy oor ‘Proe en Ruik’ gesels. Ian en Anne-Mare de Witt het na afloop van die byeenkoms die gebruiklike oorhandiging van Gansbaai Wynproegilde se spesiale voorskote aan die aanbieders te oorhandig. Daarna is daar eers nog gesellig saamgekuier en gesels.

 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles