Blog

‘Mense-mens’ Devin Sauls is LSG se Nuwe Skoolhoof

‘Mense-mens’ Devin Sauls is LSG se Nuwe Skoolhoof

Gans-Berg Nuus / News

‘Mense-mens’ Devin Sauls is LSG se Nuwe Skoolhoof

Gansbaai se Gansies is nie meer ‘halwe weeskinders’ nie - hulle ‘nuwe’ skoolhoof, mnr Devin Sauls (31), is met ingang van 1 Junie 2024 as permanente skoolhoof van Laerskool Gansbaai (LSG) aangestel - hy is reeds in Augustus 2023 as waarnemende skoolhoof aangestel - nou ‘proe’ hy die vrugte van sy werk met ‘n welverdiende en permanente aanstelling as skoolhoof. 

Devin se eerste onderwyspos was by Gansbaai Primêr, Blompark in 2015. Daarna was De Bron Primêr in Stanford aan die beurt en “daarna is ek na China vir twee jaar om die wêreld te verken,” vertel hy. In 2019 is Devin terug na Gansbaai Primêr vir 6 maande, waarna hy by LSG as onderwyser aangestel. Devin is na Departementshoof bevorder en na Jonathan Doyle se bedanking in 2023, is hy as waarnemende skoolhoof aangestel.

“Sonder ‘n uitstekende personeelkorps wat by nuwe idees inkoop, sal my hande afgekap wees,” sê Devin, “en ek is dankbaar dat ek wel só ‘n personeelkorps het.” Hy vertel ook dat hy ‘n mense-mens is en dat kontak met die ouers en die gemeenskap vir hom van kardinale belang is. Daarom wil hy op ‘grondvlak’ bly en dis vir hom lekker om te kommunikeer en te gesels! “Ek wil ook sommer byvoorbaat dankie sê aan ons ouers en die gemeenskap vir hulle volgehoue ondersteuning,” sê Devin. “Ek het ‘n intense liefde vir die skool en beskou my aanstelling as ‘n groot eer.”

Devin het dit onomwonde aan die Gans-Berg Nuus gestel dat hy streef na ‘n posetiewe groei van LSG en hy wil die skool na nuwe hoogtes lei - alles ingeslote: akademies, kultuur en sport, asook om ‘n eenheid met die ouers, gemeenskap, sakelui en organisasies te vorm.

Devin is in 2021 met Kay in die huwelik bevestig en hy is die trotse pa van hulle 7-maande-oue “bulletjie”, Liam. Hy het in Hermanus grootgeword, daar skoolgegaan en woon steeds daar, “maar my hart is hier!” ‘n Uitstaande kenmerk van Devin is sy betrokkenheid by die leerders op alle vlakkie, veral sport, maar ook wanneer daar ‘sports’ met die onderwysers aangevang word! So het hy onder andere met die onlangse Pretstap ‘n uitdaging aan die leerders gestel en verloor - daarvoor moes hy die yskoue seewater aandurf!

Ter afsluiting het Devin gesê onderwys is nie vir hom ‘n werk nie, dis ‘n liefde, “al is ek waarskynlik die jongste skoolhoof in die Overberg Onderwyskring!”

Die Gans-Berg Nuus se redaksie, die lesers en die gemeenskap wens Devin net die beste toe vir die toekoms.

Hardus Botha

‘Mense-mens’ Devin Sauls is LSG se Nuwe Skoolhoof

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles