Minister tevrede

Minister tevrede

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Good Friday (2de van links) verduidelik die bouproses van Masakhane se nuwe laerskool aan minister Donald Grant (regs)

Die Minister van Onderwys in die Wes-Kaap, mnr Donald Grant, het Overstrand besoek om homself van veral die prestasies van nuwe skole te vergewis.

Gansbaai Academia is eerste besoek, waar hy die skoolhoof, mnr Tommy Wilson, ontmoet het. Hy het die skool eerstens gelukgewens met hul verbeterde matriekuitslae die afgelope jaar. “Ek het die skool se uitslae met die minister bespreek en hy was duidelik beïndruk daarmee,” het mnr Wilson gesê. “Hy was ook beïndruk met die feit dat dit ons tweede matriekjaar was en het die vermeerdering in universiteits-toelatings as skitterend beskou.” Die minister het mnr Wilson gevra om die getalle in Wiskunde en Fisiese Wetenskap verder te verhoog. “Hy het ook sy trots uitgespreek met Bianca se prestasies en haar toelating tot KOVSIES, asook Michelle le Roux wat tans op ‘n uitruilprogram in Frankryk is,” het mnr Wilson voorts gesê. “Ek het hom verder verseker dat ons na ‘n 100% slaagsyfer in 2014 strewe, asook ‘n verdere styging in universiteits-toelating.”

Daarna het die minister die Gr 10 Gasvryheidstudie-klas van me Anneri Harding-Male besoek. “Julle moet hierdie fantastiese geleenthede ten volle benut om julself vir die toeko ms te bekwaam,” het mnr Grant vir die leerders gesê.

Daarna is die minister deur rdh Pieter Scholtz, mnr Mike Walters (LPP) en raadslede Moira Opperman en Ndevu na Masakhane Primary School vergesel, waar hy met die waarnemende skoolhoof, me Mali, gesprek gevoer het. Sy hoofdoel met hierdie besoek was die besigting van die nuwe laerskool in Masakhane wat in aanbou is. Die minister wou summier weet waarom die bouprojek, wat teen einde Julie afgehandel moet wees, sowat 2½ maande agter skedule is. Die persoon in beheer, Good Friday, het verskeie redes daarvoor aangevoer, maar die versekering aan die minister gegee dat die agterstand uitgewis sal word.

Rdh Scholtz het die Minister versoek om te help sodat die tydelike geboue, of ‘n deel daarvan, wat tans as laerskool in Masakhane dien, vir die Overstrand behoue te laat bly. “Daar is ‘n groot behoefte aan geskikte akkommodasie vir die ontwikkeling van kleuters,” het rdh Scholtz gesê. Oorkoepelend het die minister sy tevredenheid met die gesprekvoeringe tydens sy besoek aan Gansbaai uitgespreek.                                       

Hardus Botha

Vlnr is rdh Pieter Scholtz, mnr Mike Walters, me Anneri Harding-Male en mnr Tommy Wilson saam met minister Donald Grant wat gemoedelik en motiverend met die Gr 10 gasvryheidstudie-leerders van Gansbaai Academia gesels het

Vlnr is rdl Moira Opperman, mnr Mike Walters, me Mali (skoolhoof), minister Donald Grant, rdl Ndevu en rdh Pieter Scholtz tydens die minister se besoek aan Masakhane Primary School

Minister tevrede

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles