VLV Kaapland se 85ste Feesjaar

VLV Kaapland se 85ste Feesjaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hermien van Zyl, president van Sirkel Overberg, koop een van die VLVKaapland-rose by Ludwig Taschner. Hierdie roos sal nou by alle kwekerye beskikbaar wees, en groei met ‘n bietjie ekstra sorg, welig in ‘n beskutte hoekie oral langs die kusstreke.

Gestig in 1929, vier die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland vanjaar hulle 85ste bestaansjaar. Hierdie feesjaar is onlangs met ‘n spogtee by die Eensgezind-onthaalvenue buite Durbanville, ingelui. Meer as 300 VLV-vroue van takke sover as Upington, Kimberley, Port Elizabeth en Calvinia het opgedaag vir ‘n heerlike oggend van saamkuier en om getuie te wees van ‘n baie belangrike gebeurtenis vir hulle vereniging.

In opdrag van mev Erika Lubbe, president van VLVK, het Ludwig Taschner, wêreldbekende rooskweker, ‘n besondere roos gekweek om hierdie mylpaal van VLVK te gedenk. Tydens die spogtee is die roos bekendgestel en amptelik vernoem as die VLVKaapland-roos. Sjampanje het gevloei en foto’s is geneem om hierdie oomblik vir die nageslag te verewig. Daarna het die VLV ‘n eretoekenning aan Ludwig Taschner oorhandig vir die baanbrekerswerk wat hy op die gebied van rooskweking en –ontwikkeling gedoen het. Me Mariana Rabie, Bemarkingsbestuurder van Agri Expo, het ‘n heildronk op die VLV ingestel en die gaste kon verder luister na die vrolike sangnommers van Andriëtte Norman, bekende Kaapse vermaaklikheidster. Uit die Overberg het meer as 30 VLV-lede van sover as Bredasdorp en Gansbaai die geleentheid bygewoon. Besondere proteas en ander fynbos van die Overberg was prominent in die pragtige massarangskikkings en ‘n Dam Good Rosè van Villiersdorp Kelder, die kleur van die pragtige nuwe roos, in die geskenkpak vir Ludwig Taschner.

Hier klink Rienie Ludick, voorsitter van die Gansbaai-tak en Annatjie Liebenberg, tak- en sirkeltesourier, ‘n glasie op VLVK.

Mariana Rabie (links) en Erika Lubbe, VLVK-president, drink ‘n heildronk op die VLVKaapland-roos, voor hulle, wat pas amptelik bekendgestel is.

VLV Kaapland se 85ste Feesjaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles