Gebruik die regte tackle

Gebruik die regte tackle

Gansbaai Courant

Wie sal mosselkraker gaan vang met gereedskap wat vir hotties voorberei is? Net so belaglik as wat sulke aksie sal wees, net so belangrik is dit dat jou gereedskap so voorberei word dat jy met vertroue die vis sal gaan vang wat jy in die oog het. Die regte aas is dalk nog belangriker. Soos met jag is die regte geweer met die korrekte ammunisie ‘n goeie kombinasie en ‘n móét.

Kom ons spring sommer weg met twee visse wat vir die leek dieselfde ase vereis  --  die geelstert en snoek. Veral die geelstert kan hoë eise stel en maak jou soms rasend wanneer die vis hier by jou verbyswem en weier om enige aas te vat. Die snoek is weer ‘n vis wat heelwat ondervinding verg wanneer dit kom by die verskillende maniere van hengel. Maar albei hierdie visse wanneer hulle besluit om te byt, kan ‘n kaal hoek as goed genoeg beskou. Dan is suiwer geluk gewoonlik genoeg vir enige voornemende hengelaar.

Gewoonlik verskil die opmaak van jou “tackle” wanneer die vangery vanaf ‘n boot of van die kant gedoen word. ‘n Steenbras is die een vis wat in albei gevalle ‘n glystrop verkies en is ‘n goeie voorbeeld om na te verwys. Kabeljou weer (en hier by ons is dit beslis so) kan jy maar net gaan loer hoe lyk die manne se aas en hoe dit gekombineer word met die opmaak van die “tackle” om dan waar te neem hoe “aantreklik” die lotjie vir die vis moet lyk. Natuurlik vang die man wat net ‘n groterige hoek aan sit en die tjokka of visaas daaraan hang, ook sy vis, maar raai wie gaan wen op die end?

Indien jy agter groot roman aan is en dit vermag met ‘n baie klein hoekie beskou jouself as gelukkig. Om “gelukkig “ te bly, gebruik liefs ‘n groter hoekie!

Vanaf ‘n boot word baie gebruik gemaak van ‘n toulood wanneer vis soos geelbek, kabeljou of haai gevang word. Die rede is dat die lood in die hand gehou kan word met die inlaai van die vis. Kleiner vis benodig nie hierdie kontrole nie en daarom word die “tackle” soms anders opgemaak  --  ‘n toulood met ‘n “swiveltjie” en twee hoeke wat dan onder dié hang. Gebruik ook hierdie metode: soos van die kant af die gebruik is, hang die sinker onder en die hoek(e) bo dié. Vis kan soms wispelturig wees en enige van hierdie twee maniere is by tye meer suksesvol. Hou maar albei byderhand.

Vir visse soos die oulywe wat boonop in dieper water gevang word kan jy maar met geruste hart ook groter hoeke en swaarder sinkers gebruik. Miskien gradeer jy nog op na ‘n gelopene toe. Vang eers eers van hierdie manne, dan kan behoorlik bors uitgestoot word!

Daar ís manne wat kan spog met goeie vangste  --  met die lang stokke, asook die bootmanne. Geelbek word al ‘n ruk by ons gewaar, hoewel nie in groot getalle nie, en daarby is meeste van die vis aan die jong kant. Ook is die voorkoms van makriel baie welkom.

Groete, Seemeeu

Gebruik die regte tackle

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles