Bietoubos Damesklub

Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Image

Bietoubos Damesklub

Almal wil maerder word, maar...

“Sommige van die verleidelike eetgoed tydens ons byeenkoms was dalk in stryd met ons gasspreker, Julia Fourie, se wenke oor gesonde eetgewoontes, maar aitog, dit bly maar lekker en tog só verleidelik,” vertel Elizma de Lange, voorsitter van die Bietoubos Damesklub (dalk met ‘n ‘skuldige’ gewete?!). 

Die Bietoubossers se byeenkoms op 14 Mei 2024 was weer gekenmerk met kunstige tafelversierings en ‘n ‘swaar-gelaaide’ tafel met heerlike eetgoed. “Bridgitte Langner het ons tafels kunstig met lourierblare versier en interessante inligting met ons gedeel,” vertel Elizma. “Onder andere dat ‘n mens rustiger kan slaap met ‘n paar lourierblare in jou kussingsloop.”

“Almal wil maerder, jonger en gesonder wees - maar ‘n gesonde leefstyl blyk meeste mense hul hele lewe lank te ontwyk,” het Julia Fourie, dieetkundige van Gansbaai, gesê. “Die vraag is waarom?” Sy het verwys na eetgewoontes vanaf kinderdae, asook die Suid-Afrikaanse eetkultuur wat alles behalwe gesond is. “Leefstyl is nie net dit wat ons eet nie, maar ook aktiwiteite, lug wat ons inasem, rook, ‘stress’ en geraasbesoedeling wat alles ‘n rol speel.” Sy het na verskeie voorbeelde van diëte verwys en gesê almal het voor- en nadele. “Uiteindelik is ‘n lae versadigde vet-dieet soos die Mediterreense dieet, die gesondste in die wêreld: baie meer groente en vrugte, baie min rooivleis, meer hoender, vis en peulgroente, asook meer plantolies - ‘n dieet-konsep wat bietjie van ‘n paradigma-skuif benodig. 

Die res van Julia se praatjie was insiggewend met waardevolle (en getoetste) wenke en sy het bygevoeg dat dit nie nodig is om alles wat lekker is, uit te skakel nie - “die wagwoord is matigheid”. Ter afsluiting het sy uitstekende en relevante wenke oor die gesonder voorbereiding van verskillende disse verskaf en ook hoe om vir een of twee persone ekonomies te kook. Vir navrae oor ‘n ‘paradigma-skuif’, kan Julia Fourie by 082 824 3003 geskakel word. 

Hardus Botha

Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles