Blog

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Verlede week het die eerste Duiwe Wedvlug vir die 2024-seisoen plaasgevind - vanaf Lainsburg. Soos lesers sal onthou, was dit ‘n week van storms, vloede en baie sterk wind. Die duiweboere het ‘n sug van verligting geslaak toe Vrydag aanbreek met pragtige sonskynweer. Die duiweboere kon hul duiwe eers ‘n ‘losmaal’ om die hok gee, aangesien dit Vrydagaand ook mandjietyd was. 

Die duiwe is gemandjie en op die duiwesleepwa gelaai om na Worcester vervoer te word. Daar is die duiwe op die Boland vervoer-vragmotor oorgelaai vir hul reis na Lainsburg. Saterdagoggend is die duiwe losgelaat - eerste die Jaaroud Duiwe om 08:30 en daarna die ouer duiwe om 09:00. Daarna het die wagtyd aangebreek om te sien hoe laat die eerste duif by die hokke aankom. ‘n Nuwe en onbekende faktor het vir angstigheid tot die uitslae bygedra, maar is oorkom.

Met uitluityd was die resultate soos volg:

Jong Duiwe: 

Human Loft 1, 4, 17; Louis Groenewald 2, 8, 9, 12, 13, 14, 15, 20; J+J Swart 3, 5; Norman Snr Stevens 6, 16, 18; Fourie Lofts 7, 19; Snr Germishuys Hokke 10, 11. ‘n Nuwe lid wen hier, baie geluk!

Ope Duiwe: 

Fourie Lofts 1, 2, 3, 5, 6, 11; Seun du Bruyn 4; Snr Germishuys Hokke 7, 8, 9, 12, 20; J+J Swart 10, 15, 16, 19; C+R Kruger 13, 14; Louis Groenewald 17, 18. Dit was ‘n pragtige prestasie deur Fourie Lofts - baie geluk!

Overberg Posduif Unie, net die Top 10, se uitslae was soos volg:

Jong Duiwe:

Human Loft (Gansbaai); J Rickett 2, 3, 10 (Grabouw); Bros Buchianeri 4 (Middelvlei); Louis Groenewald 5 (Gansbaai); Parnell Lofts 6, 7, 8 (Grabouw); G Daniels 9 (Caledon).

Ope Duiwe:

N Reynolds 1, 2 (Bredasdorp); Fourie Lofts 3, 4, 5, 9, 10 (Gansbaai); Jenovan Lofts 6 (Bredasdorp); Seun du Bruyn 7 (Gansbaai); Bros Buchianeri 8. Baie geluk aan die Top 10 in die Unie.

Nog ‘n nuwe duiwehok wat in ons kontrei begin vuur het, wat ek dink die lesers baie van gaan hou, is die Ou Skool Duiwehok in Baardskeerdersbos. Hierdie hok is by die Ou Skool Restaurant gestig. Die publiek kan Saterdag daar kom sit en kyk hoe die duiwe arriveer. Daar gaan dan ook weddenskappe op die duiwe geplaas word (R50) en die wenner staan ‘n kans om ‘n aardige bedrag te wen. Die duiwe in die hok is van die plaaslike duiweboere, asook van die Unie duiweboere. Fasiliteite soos ‘n kroeg en restaurant sal beskikbaar wees.

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles