Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Pragtige silwervisse

Pragtige silwervisse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se kompetisie van Saterdag, 15 Junie 2024 gevang, waarvan die swaarste een van Carl Dyer 2.35kg geweeg het. Dit was ook verblydend om te sien dat die klub weer ‘n Junior, Ruan Hurn, as lid bygekry het - toe spog hy sommer ook met ‘n sakgewig van 4.40kg, nie baie ver onder die manne se sakgewigte nie!

Kompetisie-uitslae

7 bote het ingeskryf, waarvan 7 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 18, waarvan 2 dames was en 1 junior. Die aantal visse (8 spesies) wat ingeweeg is, was 95, met 'n totale massa van 89.55kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.98kg.

Volledige uitslae

Die volledige uitslae is soos volg: 

Swaarste vis, Carl Dyer (silwervis, 2.35kg); 2de Swaarste vis, Carl Dyer (silwervis, 1.70kg); Swaarste sak, Carl Dyer (8.20kg); 2de Swaarste sak, Derick Petersen (7.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Charl Dyer (7.14kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Scarmax van Kenny Owen (6.10kg); Dames Swaarste sak, Colleen Kemm (7.05kg); Dames 2de Swaarste sak, Joey Rademeyer (4.85kg); Junior Swaarste sak (4.40kg), Ruan Hurn. 

Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

• Waca van Carl Dyer (52.81kg); Oupa van Ben Uys (39.53kg); GI Joe van Joe Smit (43.54kg).

1ste 4 Visvangkampioene Mans:

• Carl Dyer (68.05kg); Derick Petersen (51.55kg); Marinus Kleyn (47.90kg); Phillip Fourie (47.50kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

• Colleen Kemm (34.84kg); Joey Rademeyer (25.60kg); Marilda Louw (10.85kg).

Junior Visvangkampioen:

Ruan Hurn (4.40kg).

Die puntetelling, in vergelyking met die vorige kompetisie, was nie veel van ‘n wipplank-ryery nie en die voorlopers het redelik konstant gebly. ‘n Interessante ‘verskynsel’, wat nie gereeld voorkom nie, is dat die 1ste 4 Mans Voorlopers almal bemanningslede van een boot is - Waca van Carl Dyer - pragtig, manne! Dan is Carl se boot tans ook die voorloper met ‘n massa van 52.81kg.

Image 1
Phillip Fourie, Derick Petersen, Charl Dyer en Marinus Kleyn.
Image 2
Paul Venter, Ruan Hurm (Jnr), Lester Langley en André Esterhuyzen.
Image 1
Leon Lombard en Ben Uys.
Image 2
Joey Rademeyer en Joe Smit.

Hardus Botha

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles