Mense Partye en Stembusse

Mense Partye en Stembusse

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Assosiasie van Onafhanklike Uitgewers (AIP - Association of Independent Publishers), waarvan Gansbaai Courant ‘n lid is, het op 11 en 12 Februarie 2014 ‘n seminaar rakende die media se hantering van die komende verkiesing aangebied.

AIP se organiseerders van die seminaar was Bongi Bozo (projekleier) en Mathapelo Diokane (administrasie) en hulle het vir ‘n suksesvolle en professionele seminaar, asook puik gepaardgaande reëlings, gesorg. Die fasiliteerders van die seminaar was Ray Joseph en Derek Luyt, wat relevante verkiesingsinligting op ‘n insiggewende wyse, maar baie ontspanne oorgedra het. Sowat 8 onafhanklike koerante, waarvan Gansbaai Courant een was, het die seminaar bygewoon. Dit is op die 26ste vloer van Media 24 (Naspers) se gebou in Heerengrachtstraat, Kaapstad aangebied - met onvergeetlike uitsigte na Tafelberg, omliggende gebiede en die volle Kaapse Hawe. Onderwerpe wat bespreek is, ingesluit waardevolle wenke aan joernaliste, het oor verantwoordelike, eerlike en objektiewe beriggewing deur joernaliste voor, tydens en na afloop van die verkiesing gehandel.

Onder andere is die volgende bespreek: Verkiesingsproses in Suid-Afrika; Vooraf ondersoeke en verkiesingsnavorsing wat nodig is; Sosiale Media en die verkiesing; Etiek tydens verkiesings-beriggewing; Verkiesingsstrategieë; Netwerke waarmee inligting bekom en versprei kan word; die Suid-Afrikaanse Kieswet. Daar is ook insiggewende inligting deur twee gassprekers aan die joernaliste oorgedra.

Die rolspelers tydens ‘n seminaar vir onafhanklike koerante rakende die komende verkiesing in Kaapstad, met vlnr Bongi Bozo, Ray Joseph, Mathapelo Diokane en Derek Luyt

Trevor Davids, ‘n verteenwoordiger van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK / IEC) ), het die verantwoordelikhede van die OVK uitgespel. Joe Thloloe, Direkteur in die Suid-Afrikaanse Persraad (Press Council), het die joernaliste breedvoerig oor die Suid-Afrikaanse Perskode, Prosedures en Konstitusie ingelig. Klem is deurgaans op die etiek, integriteit, sin vir verantwoordelikheid en objektiewe optrede deur joernaliste geplaas. Hierdie is maar enkele voorbeelde van die leersame seminaar wat sonder twyfel die moeite werd was om by te woon. Hou Gansbaai Courant dop vir sinvolle verkiesingsinligting nader aan die 7de Mei - Verkiesingsdag. Agtergrondinligting oor onder andere die Suid-Afrikaanse Persraad, die OVK (met die klem op Gansbaai), die Suid-Afrikaanse Kieswet en veel meer word in die vooruitsig gestel, asook ‘n verskeidenheid van ander verkiesingsaspekte.

Hardus Botha

Mense Partye en Stembusse

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles