Baanopsigter se Goues

Baanopsigter se Goues

Gansbaai Courant

Franskraal Rolbalklub se Baanopsigter (“Green Keeper”), Tommie van Niekerk (regs), is nie sommernet ‘n baanopsigter nie. Hierdie sport-entoesias spog met etlike silwer- en goue medaljes, asook ander prestasies vir rolbal, ondanks sy pos as Baanopsigter.

Tommie is op 16 Maart 1950 in Carnarvon gebore, maar het in Beaufort-Wes grootgeword en matrikuleer in 1988. Na sy verpligte militêre diens, het hy met ‘n brandweer-beroepslewe begin waar hy, ná 32 diensjare, in 1998 in Stellenbosch as ‘n Onder-offisier in die Brandvoorkomingsafdeling met long-probleme afgetree het.

In 1972 tree hy met Janetta in die huwelik en die egpaar het ‘n seun en ‘n dogter, met 5 kleinkinders. Na sy aftrede verhuis die egpaar na Uilenkraalsmond, waar hulle vir die afgelope 14 jaar woon. “Ek het nog altyd geglo dat ‘n mens iets voluit moet doen, of niks nie,” vertel Tommie.

So was dit ook met sport, waar hy onder andere vir 3 jaar vir Goodwood se eerste rugbyspan gespeel het en met sy gholf-voorgee op 12 gestaan het. Die egpaar het kort ná hul aankoms te Uilenkraalsmond in 2000 met Franskraal Rolbalklub tydens ‘n opedag onder leiding van die destydse president, Boetie Bruwer, kennis gemaak.

Sommer heel aan die begin wen hy die Beginners Boland Kampioenskappe. Daarna volg ‘n hele reeks oorwinnings: Klubkampioen vir 2004, 2005, 2007, 2011 en 2014; 2005 gekies vir Boland Ontwikkeling; 2006 goud in Boland Ontwikkelingsmeesters; 2006 Kampioen van Kampioene; 2008 plaat vir Boland Ope Mans Enkels; 2011 gekies vir Boland Seniorspan vir Interdistrikte; 2011 wen Boland Viere saam met penmaats; 2012 goud vir Interdistrikte Seniors Mans met penmaats; 2013 goud met Boland Seniors Mans Enkelspel; 2014 goud met Boland Ope Enkelspel.

Hy is ook nou weer een van 3 gekose spelers wat gedurende Maart vanjaar aan die Interprovinsiale Kampioenskappe (19 streke) in Pretoria gaan deelneem. Dan het Tommie ook pas ‘n afrigtingskursus voltooi wat hy, saam met sy ervaring, vir die opleiding en afrigting van jongmense wil benut. “Ek wil die stigma van rolbal as ‘oumens marbles’ die nek inslaan,” sê hy. Ondanks al sy rolbalprestasies, is hy reeds vanaf 2000 ook die baanopsigter, wat sy “voltydse stokperdjie” is. Van vroeg tot laat daagliks is hy met die onderhoud van die bane bedrywig. ‘n Mens wonder of hy ‘n gelyke het - tegelykertyd baanopsigter en kampioen onder die kampioene! “My droom is om goud in die Meesters-, asook die Ope Kampioenskappe te verwerf,” sê Tommie.

Hardus Botha

Baanopsigter se Goues

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles