Vanjaar is dit die NG Vrouediens van Gansbaai se NG-gemeente se beurt om as gasheer van die Wêreldbiddag vir Vroue op te tree, wat in sowat 170 lande sal plaasvind.
“Almal vanuit alle kerklike demoninasies is welkom om hierdie spesiale geleentheid by te woon,” sê Elcine Hulme van die NG Vrouediens. Die byeenkoms sal op Vrydag, 7 Maart om 09:00 in die Pretoriussaal plaasvind. Hierdie besonderse dag se ontstaan was reeds 127 jaar gelede toe ‘n groep vroue van die Presbiteriaanse Kerk in die VSA deur die nood van immigrante en die nagevolge van die vrystelling van slawe aangegryp is. Hulle het ‘n oproep vir ‘n Nasionale Dag van Gebed gedoen.
Hierdie aksie het vinnig na ander lande versprei en die eerste byeenkoms in Suid-Afrika het 84 jaar gelede in Maart 1930 in die Suidpuntse Congregational Kerk plaasgevind. In 1946 is ‘n Nasionale Komitee vir Suidelike Afrika in die lewe geroep, met verskeie kerke wat genomineer is. Sedertdien staan dit as “Wêreldbiddag vir Vroue” bekend wat tans in sowat 1,200 plekke in Suidelike Afrika plaasvind, asook in sowat 170 lande.
“Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.” Ps 95:6.
Wereldbiddag vir Vroue
27 February 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Happy Guest Review
Nothing warms our hearts more than hearing from our happy guests!
Exciting First Steps for Green Futures College Students!
Last week, the Green Futures College Hospitality class kicked off their practical work experience at Grootbos Lodge!
Working Together for Early Childhood Development!
Like-minded NPOs gathered in Stanford to empower ECD teachers, special needs facilitators, and aftercare facilitators.
Honesty: The Foundation of True Connection
Fear often keeps us silent.
6 April 2025: Car Boot Sale
Join us at the Birkenhead Boat Club at the Old Harbour for a fun-filled Car Boot Sale!
Secure, Scalable, Seamless Data Solutions
At Orca Technologies, we offer comprehensive data centre services designed to meet your business's unique needs.