Blog

Wag Tot Ek 100 Is, Dan Skryf Jy Weer!

Wag Tot Ek 100 Is, Dan Skryf Jy Weer!

Gans-Berg Nuus / News

Wag Tot Ek 100 Is, Dan Skryf Jy Weer!

Ja-nee, aan die nimmereindigende Tannie Betsie van der Merwe van De Kelders is daar geen einde nie. Op 14 Junie 2024 het sy en ‘n paar vriende en gesinslede haar 98ste verjaarsdag in haar huis gevier - en dié geselligheid het sommer lank aangehou, met Betsie, ongeag ‘n gehoor probleem, wat steeds nie op haar mond geval is nie. Betsie se seun, Charl en sy eggenote, Carmen, het spesiaal vanaf Sedgefield gekom om haar verjaarsdag saam met haar te vier. Saam met hulle was Betsie se kleindogter, Cariné en haar verloofde, Charl van der Westhuizen (naamgenoot van sy aanstaande skoonpa!). Haar ander dogter, Surina en haar eggenoot, Stix de Jager, asook kleindogter, Rozanne, het ook later opgedaag.

Betsie se flink en getroue tuisversorger, Analise Kleyn, het die kombuistoonbank laat ‘kreun’ onder die verversings en koek, soveel so dat iemand gevra het of hulle nie eerder die Pretoriussaal vir die partytjie moes gehuur het nie! Analise is bygestaan deur die tweede tuisversorger, Christa Smal. Die groepie het heerlik saamgekuier en gelukkig vir Betsie was daar net 2 kersies op die verjaarsdagkoek om dood te blaas - 1 op die 9 van 98 en een op die 8!

Betsie is op 14 Junie 1926 in Edenburg, Vrystaat gebore en het in Lusikisiki in die Transkei grootgeword, maar is later na Stellenbosch. Daar het sy haar trouman, Charl, op ‘n ‘blind date’ ontmoet, waarna hulle later getroud is. Drie kinders is uit die huwelik gebore: Charl van der Merwe, getroud met Carmen; André van der Merwe, ongetroud; Surina de Jager, getroud met Stix - en Betsie wat spog met 7 kleinkinders en 3 agterkleinkinders. 

In 1991 het die egpaar afgetree en na Gansbaai verhuis, waar Charl haar in 1999 ontval het. “Ek is dankbaar om op ‘n vol lewe te kan terugkyk - opdraendes en afdraendes ingesluit,” vertel Betsie. “Ek is ook trots om te kan sê ek is al 33 jaar ‘n volbloed Gansbaaier.” In Gansbaai was Betsie ‘n staatmaker en baie aktief op verskeie gebiede. Onder andere was sy ‘n stigterslid van die bekende Bietoubos Damesklub, waarvan sy tans ‘n erelid is. Dit is vir die redaksie van die Gans-Berg Nuus ‘n voorreg om Betsie goeie gesondheid en voorspoed vir haar nuwe lewensjaar toe te wens.

Hardus Botha

Wag Tot Ek 100 Is, Dan Skryf Jy Weer!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles