In Memoriam Willem Blekman

 In Memoriam Willem Blekman

Gansbaai Courant

Wyle Willem Blekman saam met sy sielsgenoot, Petro

Wyle Willem Blekman van De Kelders is op Woensdag, 12 Februarie 2014 in die ouderdom van 67 jaar en enkele maande oorlede. Willem is op 7 November 2013 met ‘n kwaadaardige gewas gediagnoseer en is, ná ‘n operasie, meegedeel dat die kanker té wyd versprei het vir enige vorm van behandeling.

“Wat vir my so wonderlik was, is dat Willem daardie nuus sonder bitterheid of klagtes aanvaar het en net die pyn in stilte verduur het,” vertel sy sielsgenoot, Petro. Willem is op 25 Junie 1946 in Amsterdam, Holland gebore, waar hy ook grootgeword het. Gedurende 1978 verhuis hy na Suid-Afrika, waar hy hom in Durban, KwaZulu-Natal gevestig het en later na Kaapstad verhuis het. Hy het as ‘n gekwalifiseerde ingenieur op die vragbote gewerk.

Gedurende 1991 verhuis Willem na Gansbaai, waar hy  geliefd onder kinders in moeilike omstandighede, maar veral ook bejaardes, was.  Hy het etlike liefdadigheidsprojekte vir hulle aangepak. Sy silwer Toyota Camry met die registrasienommer KAAS 1 WP was ook ‘n algemene gesig. Op 13 Mei 2009 het hy vir Petro as sy sielsgenoot in die Kaap gaan haal en sy verwys na ‘n wonderlike 5 jaar saam met Willem. Willem het geen kinders van sy eie gehad nie, maar Petro sê hy was baie lief vir haar dogter en skoonseun, Welda en Johan Liebenberg, asook hulle dogter, Jonelda. Willem was ook vir etlike jare ‘n getroue lid van die Birkenhead Boothengelklub waar hy onder andere ook vir ‘n tyd lank as Klubbestuurder op die Bestuur gedien het en ook as die klub se Kroegman gewerk het.

‘n Roudiens is op Vrydag, 21 Februarie 2014 in die NG-gemeente Gansbaai deur dr Bobo van Zyl gelei.

Hardus Botha

 In Memoriam Willem Blekman

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles