In Memoriam Willem Blekman

 In Memoriam Willem Blekman

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Willem Blekman saam met sy sielsgenoot, Petro

Wyle Willem Blekman van De Kelders is op Woensdag, 12 Februarie 2014 in die ouderdom van 67 jaar en enkele maande oorlede. Willem is op 7 November 2013 met ‘n kwaadaardige gewas gediagnoseer en is, ná ‘n operasie, meegedeel dat die kanker té wyd versprei het vir enige vorm van behandeling.

“Wat vir my so wonderlik was, is dat Willem daardie nuus sonder bitterheid of klagtes aanvaar het en net die pyn in stilte verduur het,” vertel sy sielsgenoot, Petro. Willem is op 25 Junie 1946 in Amsterdam, Holland gebore, waar hy ook grootgeword het. Gedurende 1978 verhuis hy na Suid-Afrika, waar hy hom in Durban, KwaZulu-Natal gevestig het en later na Kaapstad verhuis het. Hy het as ‘n gekwalifiseerde ingenieur op die vragbote gewerk.

Gedurende 1991 verhuis Willem na Gansbaai, waar hy  geliefd onder kinders in moeilike omstandighede, maar veral ook bejaardes, was.  Hy het etlike liefdadigheidsprojekte vir hulle aangepak. Sy silwer Toyota Camry met die registrasienommer KAAS 1 WP was ook ‘n algemene gesig. Op 13 Mei 2009 het hy vir Petro as sy sielsgenoot in die Kaap gaan haal en sy verwys na ‘n wonderlike 5 jaar saam met Willem. Willem het geen kinders van sy eie gehad nie, maar Petro sê hy was baie lief vir haar dogter en skoonseun, Welda en Johan Liebenberg, asook hulle dogter, Jonelda. Willem was ook vir etlike jare ‘n getroue lid van die Birkenhead Boothengelklub waar hy onder andere ook vir ‘n tyd lank as Klubbestuurder op die Bestuur gedien het en ook as die klub se Kroegman gewerk het.

‘n Roudiens is op Vrydag, 21 Februarie 2014 in die NG-gemeente Gansbaai deur dr Bobo van Zyl gelei.

Hardus Botha

 In Memoriam Willem Blekman

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles