Besigheidsliga se Laaste Rondte

Besigheidsliga se Laaste Rondte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr Tommie van Niekerk, Jane de Villiers, Adri Bester en Annie Smit verteenwoordiger van Thornburn (borg van die dag)

Op 18 Februarie 2014 is die laaste rondte in die Besigheidsliga gespeel om die seksiewenners te bepaal.  Hulle is soos volg:

Seksie 1 – Great White Sharks (Mans) – 4+17

Seksie 2 – Zonart – 6+17

Seksie 3 – L & S Motors – 6+38

Seksie 4 – OK Foods – 6+26

Seksie 5 – Superspar – 4+15

Hierdie vyf spanne gaan saam met die volgende drie met die hoogste tellings sake verder uitspook om die vier wenners te bepaal wat dan verder sal meeding om die algehele wenner te bepaal.  Die twaalf spanne wat oorbly sal meeding om die skild.

Sake raak nou interessant en beloof om nog baie pret op te lewer.

Op Saterdag, 22 Februarie 2014 het ook 'n driespel toernooi plaasgevind. Die dag is geborg deur Annie Smit se seun, FC Smit van Thorburn Securities.   Hulle het soos gewoonlik 'n heerlike spitbraai ete voorgesit aan die einde van die dag.  Ons waardeer hulle volgehoue ondersteuning en hoop om volgende jaar een van hulle spanne ook te sien speel.

Soos die afgelope drie jaar het Bonnievale weer ses spanne ingeskryf.  Daar was ook een span elk  van L’Agulhas, Hermanus en Franschhoek en dertien van Franskraal.

Hierdie jaar het Tommie van Niekerk, Jane de Villiers en Adri Bester van Franskraal met die louere weggestap. Gideon Pienaar, Jan Fouché en Sonja Chambers ook van Franskraal was tweede terwyl 'n span van Bonnievale onder leiding van Wiktor Herbert in die derde plek geëindig het.

Die klomp Bonnievalers is 'n gawe klomp en hulle het vir groot pret gesorg met hulle joviale optrede tussen wedstryde.  Op die perke was dit natuurlik 'n perd van 'n ander kleur met strawwe mededinging.  Wys jou net rolbal hoef nie 'n stroewe, vervelige spel te wees nie!

Pieter Conradie

Besigheidsliga se Laaste Rondte

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles