Besigheidsliga se Laaste Rondte

Besigheidsliga se Laaste Rondte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr Tommie van Niekerk, Jane de Villiers, Adri Bester en Annie Smit verteenwoordiger van Thornburn (borg van die dag)

Op 18 Februarie 2014 is die laaste rondte in die Besigheidsliga gespeel om die seksiewenners te bepaal.  Hulle is soos volg:

Seksie 1 – Great White Sharks (Mans) – 4+17

Seksie 2 – Zonart – 6+17

Seksie 3 – L & S Motors – 6+38

Seksie 4 – OK Foods – 6+26

Seksie 5 – Superspar – 4+15

Hierdie vyf spanne gaan saam met die volgende drie met die hoogste tellings sake verder uitspook om die vier wenners te bepaal wat dan verder sal meeding om die algehele wenner te bepaal.  Die twaalf spanne wat oorbly sal meeding om die skild.

Sake raak nou interessant en beloof om nog baie pret op te lewer.

Op Saterdag, 22 Februarie 2014 het ook 'n driespel toernooi plaasgevind. Die dag is geborg deur Annie Smit se seun, FC Smit van Thorburn Securities.   Hulle het soos gewoonlik 'n heerlike spitbraai ete voorgesit aan die einde van die dag.  Ons waardeer hulle volgehoue ondersteuning en hoop om volgende jaar een van hulle spanne ook te sien speel.

Soos die afgelope drie jaar het Bonnievale weer ses spanne ingeskryf.  Daar was ook een span elk  van L’Agulhas, Hermanus en Franschhoek en dertien van Franskraal.

Hierdie jaar het Tommie van Niekerk, Jane de Villiers en Adri Bester van Franskraal met die louere weggestap. Gideon Pienaar, Jan Fouché en Sonja Chambers ook van Franskraal was tweede terwyl 'n span van Bonnievale onder leiding van Wiktor Herbert in die derde plek geëindig het.

Die klomp Bonnievalers is 'n gawe klomp en hulle het vir groot pret gesorg met hulle joviale optrede tussen wedstryde.  Op die perke was dit natuurlik 'n perd van 'n ander kleur met strawwe mededinging.  Wys jou net rolbal hoef nie 'n stroewe, vervelige spel te wees nie!

Pieter Conradie

Besigheidsliga se Laaste Rondte

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles