Geselligheid na Boothengel

Geselligheid na Boothengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Johan Wiese en Suna Botha (vlnr) het die bottels wyn aan die gelukkige wenners, Rhona van Schalkwyk en Gawie Krugel oorhandig, asof Gawie nie alreeds genoeg pryse ingepalm het nie

Boothengelkompetisies is van groot belang vir die Birkenhead Boothengel-klub, maar darem ook nie sonder ‘n groot geselligheid na afloop daarvan nie.

Verlede maand se geselligheid op 15 Februarie is met Valentynsdag gekombineer en dit was toe terselfdertyd sommer ‘n groot Valentynsaand saam met die prysuitdelings. Pryse vir Januarie en Februarie se boothengelkompetisies is oorhandig, met Johan Burmeister en Gawie Krugel wat sommer met ‘n reeks pryse weggestap het (Gansbaai Courant, Donderdag, 20 Februarie 2014).

Vroegoggend is daar hard deur Anita Botha, Johan en Susette Wiese, Lorraine Fourie en Stella Swart gewerk om die bootklubsaal in ‘n lus vir die oog (Valentynsgerig, natuurlik) te omskep. Twee lede, Danie Maree en Manie van Dyk, het op hul beurt buite gesweet om te sorg vir ‘n vingerlek-lekker spitbraai - en hulle mag maar spitbraai! ‘n Nuwe lid, Thys Fourie het sy lidmaatskapkaartjie ontvang, terwyl twee “ou” bekende klublede van De Kelders, Vincent van Rensburg en Pop Malan vanuit Swaziland kom oë wys het. Met die gelukstrekking het Suna Botha en Gawie Krugel elk ‘n bottel wyn ontvang.

Die funksie was ‘n enorme en gesellige sukses met 85 gaste wat die saal “toegepak” het en tot baie laataand gekuier en met Raymond Rabe se Musiekfabriek gedans het…..al het dit aanvanklik moeilik op die dansvloer gegaan met voorsitter Philip Fourie wat kort-kort afgekondig het: “Nog seconds vir die spitbraai is gratis beskikbaar!” Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie. Die volgende boothengelkompetisie is vir 8 Maart 2014 geskeduleer.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Geselligheid na Boothengel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles