Die onthou vis

Die onthou vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alan Harvey (links) en Andy Stephney, besoekers vars uit Engeland, wat hulle dag op die boot deeglik geniet het, en boonop kon spog met ‘n paar braaivisse, self gevang!

Die groot genoegdoening met hengel is die satisfaksie wat dit jou bied wanneer jy sorg dat iemand sy eerste vis uittrek. Soveel keer het dit gebeur al dat (veral as skipper) ‘n kranige aspiranthengelaar saamgaan en juis op daardie tog, hy sy eerste ordentlike vis vang. Dis nou daardie eerste geelbek, kabeljou of snoek. Die gepaardgaande vreugde sê ook sommer dankie vir jou bydrae  --  maar dis nie waaroor dit gaan nie. Daardie eerste roman, of eerste geelstert, of in sommige gevalle sommer  sy heel eerste vis, ai, net om te deel daarin is mos die moeite werd! Dan word daardie foto juis geneem om vir die nageslag te bewaar. Terselfderyd laat dit my terugdink aan baie jare terug toe ek self maar nat agter die ore was en ook gespog het met een of ander vangs. So onthou ek toe ‘n vriend van my pa my saamgenooi het om vanaf Kalkbaai met die Ianjerry uit te gaan. My heel eerste tog met ‘n “propperse” visboot. Ons het die aand vroeg daar aangekom en moes onder in die boot oornag en eers vroegoggend kon ons na die dek gaan om ons plek in te neem vir die vangery. Ons het ons rooiaas uit ‘n groot drom geskep en dié moes ons saam met ons karwy en dit is langs ons staan gemaak met die slapery. Ons het ‘n nat lewensgordel gekry as ‘n kussing. Resep vir ‘n katastrofe.

So het ons die aand deurgebring en ek was nog springlewendig toe ons ons plekke in die laaitjies inneem. Sommer van die beginslag af, toe ons die hawe uitvaar was vir my baie opwindend, en ek het gehoor van seesiek, maar dit het nie gelyk asof dit my gaan beiinvloed nie. Dis nou totdat ek die rooiaas wou aansit. Saam met die aas wat ek sommer so heel aan die hoek gehang het het ek oor die kant van die boot gegly en  toe eers het ek geweet wat met seesiek bedoel word! Ek het later plat op my alie gesit en die lyn so losserig oor die kant laat hang en so elke dan en wan het ek die lyn ‘n pluk gegee. Ek was ordentlik siek maar het geweier om bes te gee. So het ek wel daarin geslaag om my eerste groot vis te vang en dit sal my altyd bybly. Lekker!

Dis nou nie die Engelsmanne se eerste vis nie maar hulle is saam see toe en die genot wat hulle geput het uit die dag se vangs (meestal hotties) het die dag iets besonders gemaak. Kyk gerus wat die meegaande foto sê.

Groete, Seemeeu

Die onthou vis

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles