Blog

VLV Bederf Gansbaai se Pelagiese Vissermanne met Snoesige Mussies

VLV Bederf Gansbaai se Pelagiese Vissermanne met Snoesige Mussies

Gans-Berg Nuus / News

VLV Bederf Gansbaai se Pelagiese Vissermanne met Snoesige Mussies

Pelagiese vissermanne word bederf... 7 bote kry snoesige mussies by VLV.

“Wat van ons Pelagiese Vissermanne wat die winterkoue op die bote moet trotseer?” is ‘n tyd gelede deur die op-en-wakker Gansbaai VLV-dames gevra, “terwyl daar gereeld mussies vir instansies, skole, organisasies en bejaardes gebrei of gehekel word!” En, siedaar, die VLV-hand is aan die ploeg geslaan en die bemanning van al 7 ons Pelagiese Vissersbote het elkeen ‘n snoesige mussie ontvang!

Louisa de Wet, Annatjie Liebenberg en Senerita van der Walt het op Maandag, 22 Julie 2024 vir elke boot, sewe van hulle, die welkome pakkies oorhandig. Elke boot se aantal gebreide mussies is netjies in ‘n spesiale pakkie verpak - met elke boot se naam wat pragtig op die onderskeie pakkies aangebring is. Walskipper Wessel Lourens het die pakkies namens die onderskeie skippers en bemanningslede in Gansbaai Hawe in ontvangs geneem. Wessel is ook nie afgeskeep nie - hy het ook ‘n pakkie ontvang, ingesluit ‘n warm gehekelde kombers. Wessel het sy opregte dank en waardering vir hierdie gebaar uitgespreek en gesê die vissermanne sal eweneens opreg dankbaar wees.

Vir kennisname deur ons lesers, is besluit om die name van Gansbaai se Pelagiese Vissersbote en skippers in hierdie berig te meld. Dié manne verrig ‘n enorme taak om die visfabriek aan die gang te hou en vorm ‘n integrale deel van ons visbedryf.

Ons Pelagiese Vissersbote:

• Berggans (Skipper Benito Groenewald);

•​​​​​​​ ​​​​​​​​​​​​​​Kolgans (Skipper Piet Otto);

•​​​​​​​ ​​​​​​​​​​​​​​Rietgans II (Skipper JP Germishuys);

•​​​​​​​ ​​​​​​​​​​​​​​Stormgans (Skipper DP Fourie);

•​​​​​​​ ​​​​​​​​​​​​​​Vleigans (Skipper Louis Groenewald);

•​​​​​​​ ​​​​​​​​​​​​​​Wafra (Skipper Peter-Mannie Groenewald);

•​​​​​​​ ​​​​​​​​​​​​​​Wildegans (Skipper Ian Wessels).

Hardus Botha
 

VLV Bederf Gansbaai se Pelagiese Vissermanne met Snoesige Mussies

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You are your business strategy

You are your business strategy

You, as the business owner, make or break your company's strategy.

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Empowering Young Coaches in Gansbaai and Surrounds

Grootbos Foundation hosted a free Premier League coaching workshop in Gansbaai for local grassroots coaches.

Grootbos Foundation
New Branding at Komtessa Boutique

New Branding at Komtessa Boutique

We’re excited to introduce our fresh new branding!

Komtessa Boutique
New Mural at Astron Garage Gansbaai

New Mural at Astron Garage Gansbaai

Our Gorgeous Gansbaai Arts Project finishes our 29th mural, for our new Astron Garage. 

Support Sunshine Nation at This Special Event

Support Sunshine Nation at This Special Event

We’re so grateful to be part of something truly special!

Sunshine Nation
When You Feel Unheard in a Relationship

When You Feel Unheard in a Relationship

No matter how clearly they spoke…

See All Articles