Dié Ganse vissers-vloot (bo) is in Mei 1963 deur Johan Neethling (regs) afgeneem.
"Ek was op pad na Tempi in Bloem-fontein vir weer-magopleiding en het vir sowat 10 dae saam met my pa en my vriendin, vandag my vrou, Hannie, vakansie gehou.
Ons het in die vissershuisie op die draai voor teen die see naby die hawe gebly." Johan het in 2004 na Franskraal getrek nadat hy as brandvoorkomings-offisier by Koeberg Kern Kragsentrale afgetree het. In 2007 het hy en Hannie na Malmesbury verhuis om by hul kinders te wees. Volgens Johan het hy die foto's met sy Kodak Instamatic geneem.
"Ek verlang baie terug see toe," het Johan gesê.
Francois de Jongh