Bejaardes geniet Parlementsete

Bejaardes geniet Parlementsete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Senior burgers van Masakhane, Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai Seniorklub, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum is onlangs vir ‘n “parlementsete” te Silwerjare Dienssentrum genooi. Welliswaar nie by die Parlement nie, maar die tee en verversings is deur die Lid van die Provinsiale Parlement (LPP), mnr Mike Walters, namens die Wes-Kaapse Provinsiale Regering geborg.

Rdl Moira Opperman, met Angela Caie van Gansbaai Seniorklub het die nodige reëlings getref en hulle is deur Sherie Jansen en Rigardo Plaatjies bygestaan. Rdl Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, het as gasspreker opgetree.

Vlnr regs om die tafel is mnr Mike Walters (LPP), rdl Nicolette Botha-Guthrie, John van Rooyen, Suster Linda Meyer en Ans en rdh Pieter Scholtz. Agter vlnr is Angela Caie, rdl Moira Opperman, Sherie Jansen, Jacoba Europa en Rigardo Plaatjies

“Ons is gelukkig in die Overstrand dat ons ‘n stabiele Raad het en dat ek goeie toegang tot die Wes-Kaapse Regering het, sowel as die Nasionale Regering, veral met die bystand van ons verteenwoordiger, Mike Walters.” Rdl Botha-Guthrie het aan die bejaardes verduidelik wat die Wes-Kaapse Regering alles in die Overstrandgebied oor die afgelope 5 jaar spandeer het:

Masakhane Primary School se nuwe skool (R32m); Gansbaai Primêr se nuwe skoolsaal (R4m); Opgradering van Gansbaai Kliniek (R11m); Voltooiing van die pad tussen Gansbaai en Bredasdorp (R277m); Uitbreiding van Hermanus Hospitaal (R58m); Nuwe kliniek in Zwelihle (R38m); Verdubbeling van die pad tussen Sandbaai en Gateway (R72m); Opgradering van die pad tussen Sandbaai en Caledon (R300m); Nuwe laerskool in Hawston (R34M); Behuisingsprojekte (R43m), met die totaal wat op R869m te staan kom.

“Tot op hede is ‘n bedrag van sowat R500m spandeer, aangesien sommige van die projekte nog nie voltooi is nie. “As dit nie ‘n bewys is van goeie regering en omgee vir die inwoners van Overstrand nie, weet ek nie wat is nie! Goeie regering en goeie samewerking beteken sukses!”, het sy gesê. Mnr  Walters onder andere die werksaamhede van die Provinsiale Regering verduidelik, asook stemreg op grond van die Suid-Afrikaanse Grondwet en dat elke bejaarde se stem net so belangrik is as die van enige ander landsburger,” het hy beklemtoon.

Daarna het Margi Muller en haar span Lyndansers, Anita Botha, Derrick Jerrard en Stella Swart vir lyndansgenot gesorg, terwyl Margi en Anita se Masakhane-leerders ook hul staal op hierdie gebied gewys het. Die verversings is terdeë geniet en die bejaardes het gesellig saamgekuier en kon ook rustig met die eregaste kommunikeer. Rdh Pieter Scholtz het die bedankings waargeneem.

Hardus Botha

Bejaardes geniet Parlementsete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles