Jou bietjie is baie as jy alles gee

Jou bietjie is baie as jy alles gee

Gansbaai Courant

Dit was die tema vir die NG Vrouediens van die Kleinbaaistreek tydens ‘n Vrouediensbyeenkoms op 25 Februarie vanjaar. “Behalwe vir die kleredrag is daar eintlik geen verskil tussen Bybelse- en moderne vroue nie,” het die gasspreker, Elma Torr, gesê. Die twee sameroepers was Sylvia le Roux, wat ook die voorportaal versier het, en Dalena Wessels.

“Lorraine het pragtige kennisgewingskaartjies ontwerp, met Linda wat vir agtergrondmusiek gesorg het,” sê Dalena. Hettie Oosthuizen het die verwelkoming en opening waargeneem. “Die sowat 110 dames het elk ‘n bossie laventel met ‘n kaartjie met die tema daarop ontvang.” Twee gasvrouens aan elke tafel het onderskeidelik soos ‘n Bybelse- en ‘n Moderne vrou aangetrek. Elma het tydens haar aanbieding op 5 eienskappe van die vrou gefokus, met 5 van die tafels wat daarvolgens versier is: Vreugde is blydskap - groen (Johanna en Agnes); Vrolikheid is gelukkig wees - geel (Vea en Ansie); Vrede is gemoedsrus - wit (Ronel en Lorraine); Vriendelikheid is ook die taal wat dowes kan hoor en blindes kan aanvoel - blou (Sylvia en Marianna); Vrygewigheid is barmhartigheid en mededeelsaamheid - pienk (Charlene en Miempie).

Twee ander tafels was met wit versier wat ‘n samevatting van die 5 eienskappe uitgebeeld het: Geloof (Annette en Elsabie) en Liefde (Sophie en Tilla). “Geloof en Liefde omvou die Groot Vyf van die Vat Vyf Vrou,” het Elma gesê. “Wanneer sy soggens opstaan, kies sy een eienskap uit hierdie hartkamer van haar.” Sy het ook gesê elkeen het ‘n storie om te vertel: Stories van Worsteling + oorwinning en Pyn + lofprysing. Die verversings was ystee, koffie, tee en soet- en sout kollewyntjies. Die kollewyntjies van Marcelle Swanepoel was met die onderskeie kleure en simbole versier. “Alles was ‘n spanpoging van al Kleinbaai se vrouens en die gaste het dit terdeë geniet en waardeer,” sê Dalena.                                        

Hardus Botha

Die gasvrouens van Kleinbaaistreek saam met die “Bybelse”-figure, met die gasspreker, Elma Torr agter 3de van links

Jou bietjie is baie as jy alles gee

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles