Jou bietjie is baie as jy alles gee

Jou bietjie is baie as jy alles gee

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was die tema vir die NG Vrouediens van die Kleinbaaistreek tydens ‘n Vrouediensbyeenkoms op 25 Februarie vanjaar. “Behalwe vir die kleredrag is daar eintlik geen verskil tussen Bybelse- en moderne vroue nie,” het die gasspreker, Elma Torr, gesê. Die twee sameroepers was Sylvia le Roux, wat ook die voorportaal versier het, en Dalena Wessels.

“Lorraine het pragtige kennisgewingskaartjies ontwerp, met Linda wat vir agtergrondmusiek gesorg het,” sê Dalena. Hettie Oosthuizen het die verwelkoming en opening waargeneem. “Die sowat 110 dames het elk ‘n bossie laventel met ‘n kaartjie met die tema daarop ontvang.” Twee gasvrouens aan elke tafel het onderskeidelik soos ‘n Bybelse- en ‘n Moderne vrou aangetrek. Elma het tydens haar aanbieding op 5 eienskappe van die vrou gefokus, met 5 van die tafels wat daarvolgens versier is: Vreugde is blydskap - groen (Johanna en Agnes); Vrolikheid is gelukkig wees - geel (Vea en Ansie); Vrede is gemoedsrus - wit (Ronel en Lorraine); Vriendelikheid is ook die taal wat dowes kan hoor en blindes kan aanvoel - blou (Sylvia en Marianna); Vrygewigheid is barmhartigheid en mededeelsaamheid - pienk (Charlene en Miempie).

Twee ander tafels was met wit versier wat ‘n samevatting van die 5 eienskappe uitgebeeld het: Geloof (Annette en Elsabie) en Liefde (Sophie en Tilla). “Geloof en Liefde omvou die Groot Vyf van die Vat Vyf Vrou,” het Elma gesê. “Wanneer sy soggens opstaan, kies sy een eienskap uit hierdie hartkamer van haar.” Sy het ook gesê elkeen het ‘n storie om te vertel: Stories van Worsteling + oorwinning en Pyn + lofprysing. Die verversings was ystee, koffie, tee en soet- en sout kollewyntjies. Die kollewyntjies van Marcelle Swanepoel was met die onderskeie kleure en simbole versier. “Alles was ‘n spanpoging van al Kleinbaai se vrouens en die gaste het dit terdeë geniet en waardeer,” sê Dalena.                                        

Hardus Botha

Die gasvrouens van Kleinbaaistreek saam met die “Bybelse”-figure, met die gasspreker, Elma Torr agter 3de van links

Jou bietjie is baie as jy alles gee

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles