Hy sal weet

Hy sal weet

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kyk ‘n bietjie twee keer na die man wat jy nou net gevra het, “Dink jy die vis gaan byt?” Indien jy sy mening respekteer en kan staat maak daarop, neem die volgende faktore in ag en dink weer waarom hierdie stelling gewig dra.

Kom ons praat van kabeljou wat hier kort voor Desember by Haaiklip gevind kan word en dan later die jaar dieper see in verdwyn. Of miskien van die silwervis wat so Juniemaand by plekke soos die Haaibank sal ronddraai. Die hotties weet ons almal, se tyd is ook kwepertyd, of dan so Februarie/Maartmaand omtrent. Dan is daar die somergeelbek en ook die wintergeelbek (hoewel dit dalk dieselfde visse is wat maar self  besluit of hulle van winter of somer hou). Teen Desember kan ons snoek vang wat daardie tyd gaan verskyn, maar nie dan in die beste kondisie sal wees nie. So kan ons aangaan en ook dink aan geelstert wat soms moeiliker is om vas te lê in ‘n definitiewe patroon. Vis soos rooistompneus is redelik deur die jaar beskikbaar.

Kom ons verwys nou na die volgende faktore wat al hierdie voorspellings beinvloed en wat dit moeilik maak om dag na dag in gedagte te hou wanneer die vraag kom, “gaan die vis vandag byt?”

Die weer. Sekerlik die grootste oorweging. Die water. Is dit byvoorbeeld springgety? Hoogwater of laagwater  moet in gedagte gehou word . Al hierdie faktore beinvloed die see en dan moet ook gekyk word na hoe die water self lyk. Is dit skoon, vuil, trekkerig? As jy vir galjoen gaan soek, weet jy darem die water moet lewendig wees en  beslis nie skoon nie, en skuimerig. Vir kabeljou soek jy gekleurde water.

Dis maar van die goed wat in gedagte gehou moet word. Jy moet ook weet watter wind behoort te waai  -- en watter wind  waai die afgelope paar dae al! Watter wind veroorsaak koue water en wanneer word die water warmer. En onthou ook dat daardie selfde wind, wanneer hy te lank aanhou  waai, die teenoorgestelde effek gaan hê.

Dit is mos duidelik dat die man wat al hierdie faktore in gedagte moet hou en steeds ‘n voorspelling kan maak waarop gereken kan word, ‘n baie spesiale talent moet hê. Na al die jare van hengel is dit iets waarmee ek nog sukkel en juis daarom het ek baie bewondering wanneer ek so iemand raakloop. Dan sal hy boonop weet watter aas in watter weersomstandighede die regte keuse sal wees. Van ons hardebaarde hier voldoen beslis aan hierdie kriteria en onthou net, wanneer jy hom dáárdie vraag vra, in sy antwoord lê jare se kundigheid opgesluit. Kom ons waardeer dit.

Goeie nuus, die galjoenseisoen is oop! Groete, Seemeeu

Hy sal weet

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles