Overberg Kushengelklub

Overberg Kushengelklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Wynand Viljoen, Behan de Kock, Gerrie vd Merwe, Johan Lesch en Oubaas Lesch

SATERDAG, 1 MAART 2014

Die sterk winde van die voorafgaande dae het nie gedui op ‘n perfekte hengeldag nie, maar goeie (eerder toegewyde) visser-manne moet jy egter nie onderskat nie en ‘n paar mooi visse is ingeweeg.

Die eerste dag van die galjoenseisoen het ook menige hengelaar vol verwagting seewaarts laat draai, maar die water was blykbaar te rof en redelik koud (volgens die manne wat weet).  Gerrie van der Merwe het egter ‘n pragtige galjoen ingeweeg, die 2de swaarste vis van die dag. Die spogvis van die dag – ‘n mosselkraker van 3.92kg – was gevang deur die jongeheer Johan Lesch. Hy was dan ook die wenner van die swaarste vis en swaarste sak.

‘n Kompetisiedag sonder borge kan egter nie gehou word nie.  Die borge van Saterdag se kompetisie, asook ander gereelde borge, word dan ook weer eens bedank vir hul bydraes, nl: Boland Sports (Gansbaai Sport and Tackle), Gerrie van der Merwe, Fynbos Shoppe, Fish Fewer.

Net weer so ‘n kort profiel oor die Klub, veral vir nuwe intrekkers en diegene wat belangstel om by ‘n gemaklike, sosiale klub aan te sluit.  Die klub is in sy derde bestaansjaar en gestig omrede die behoefte onder Gansbaai-omgewing se hengelaars ontstaan het vir ‘n klub in eie geledere.  Kompetisies is maandeliks op ‘n Saterdag, met inweeg en gewoonlik ‘n gesellige samekuier daarna by die Overberg Bootklub (hou die maandkalender in Gansbaai Courant dop vir inligting). 

Die klub het uitmuntende hengelaars wat met die bestes in die land kan meeding, maar baie van ons het darem al stokke en gerei – die vis kort nog! As jy egter nie ‘n lyn in die water het nie, kan jy nie visvang nie is die gesegde.  Ons leer egter baie by die manne wat gereeld vis inweeg, maar die gesellige saamkuier maak op vir die gebrek aan eie vis.

‘n Hoogtepunt vir die klublede verlede jaar was die kompetisienaweek op Stilbaai, waar hul lede ons omtrent onthaal het. Die groot hengelkompetisie op 26 Desember, gereël deur die Klub, was ook ‘n reuse sukses wat jaarliks herhaal gaan word. ‘n Totaal van ongeveer 200 hengelaars het hieraan deelgeneem, en is ‘n heerlike doending vir al die besoekers aan ons mooie omgewing.

Enige navrae kan aan Leibrandt van Niekerk by 082 487 3106 gerig word. Hengelgroete,

Elba Tredoux

Overberg Kushengelklub

Elba Tredoux

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles