Die krag van klein dingetjies

Die krag van klein dingetjies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van GOD voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? Dit is soos ΄n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.” (Mar 4:30-32)

Ag, as ek net meer geloof gehad het! Ek wens ek het die geloof van ΄n Dawid, ΄n Paulus, of soos Jesus, gehad. Ja, sê Jesus, in Matteus 17:20, as julle maar geloof so groot soos ΄n  mosterdsaadjie gehad het, sou enigiets vir julle moontlik gewees het. Nou hoekom gebeur daar dan só min groot dinge in ons geloofslewe?

Kom ons kyk na hierdie vergelyking wat Jesus gebruik: ΄n Baie klein mosterdsaadjie word in die grond geplant en dan kom ΄n groot boom te voorskyn waarin baie voëls kan nes maak. Waarin lê die krag van die saadjie? In die vermoë om te ontvang! Die saadjie ontvang krag uit die vrugbare grond, die water wat dit opneem en die sonlig wat die saadjie laat ontkiem.

Die saadjie doen niks – dit word deur die grond, water en sonlig gebruik! Inherent besit die saadjie die regte eienskappe om te ontvang en te reageer op die elemente rondom dit.

Netso mag jy dalk nog jonk in die geloof wees, selfs ΄n kind, maar as jy jou hart oopstel vir GOD en sy Gees – en Sy ryke seëninge begin deur jou vloei - kan GOD deur jou klein geloof wonders verrig – groot dade doen! Moet nooit die krag van klein dingetjies (geloof) onderskat nie. Jou bietjie hulp en aandag kan ΄n gróót verskil in iemand se lewe maak. Menige hulpfonds, weeshuis en voedingsprogram het met ΄n enkele tree, één gebaar van liefde begin. Jou klein geloof in GOD se hand is die begin van ΄n groot wonderwerk! Kyk maar wat het ΄n klein klippie in Dawid se slingervel aan Goliat gedoen! Die seuntjie met die vyf broodjies en twee vissies het in die regte hande ΄n skare mense van duisende gevoed.

Wat sal gebeur as elke mens in Gansbaai net elke week één brood afstaan vir die hongeriges? Of elke mens net R1 per dag in GOD se hande plaas? (Het jy al gedink hoeveel gesinne se nood en pyn verlig kan word met R5000 per dag in Gansbaai?) Wat nog te sê as elkeen van ons elke dag biddend pleit dat GOD se Koninkryk sal kom in Suid-Afrika?

Wat verhinder jou dan om jou klein bietjie geloof , NOU, op hierdie oomblik, in GOD se hand te plaas en te sien wat Hy daaruit sal laat groei? Jy sal verbaas staan!

Die krag van klein dingetjies

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles