Strome water in die Woestyn

Strome water in die Woestyn

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die aanbieders tydens die Wêreldbiddag vir Vroue, met vlnr Joanie Meiring, Hettie Oosthuizen, Connie Langeveld, dr Lisel Joubert (prediker) en Yvonne Walters

Dit was vanjaar se tema vir Wêreld Biddag vir Vroue, wat deur die NG Vrouediens op Vrydag, 7 Maart 2014 in ‘n prag-versierde kerkgebou, wat by die woestyntema aangepas het, aangebied is. “Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding” - Jessja 12:3, het die verwelkomingskaartjie gelui.

Dr Lisel Joubert het die boodskap aan ‘n groot groep dames in ‘n byna-vol kerkgebou gebring. ‘n Onderwyser en afgevaardigde leerders, onderskeidelik van Gansbaai Academia en Gansbaai Primêr, was ook teenwoordig. Die verrigtinge het glad verloop en Lisel se boodskap is met samesang en voorlesings uit Jesaja en Johannes afgewissel. Sy het ook insiggewende agtergrondinligting oor Egipte gedurende die Bybelse tydperk aan die vrouens oorgedra en ook na “Vroue stemme uit Egipte” verwys. “In die Bybel word Egipte met die Farao’s vereenselwig wat die Israeliete as slawe gebruik het totdat Moses hulle uit die slawerny uitgelei het,” het Lisel gesê. “Maar ons vergeet dikwels die belangrike rol wat Farao se dogter in die redding gespeel het. Sy het nie net die baba, Moses, téén haar pa se opdrag gered nie, maar ook met ander vroue saamgesweer om Moses te beskerm en groot te maak.” Die vrouens het ook op voorbidding gefokus, met ‘n versugting van “Luister na ons, o Here!” en ‘n belydenis van “Here, hoor ons stemme vanuit die woestyne van ons lewens”. Die gewyde byeenkoms is met die sing van “Ons Vader wat woon in die hemel” afgesluit.

Die volgende bedankings is voorgehou: dr Lisel Joubert (boodskap gelewer); Elcine Hulme en die Vrouediens (reëlings en gasvryheid); Anita Botha en helpers (versiering van die kerk); voorlesers Connie Langeveld, Yvone Walters, Hettie Oosthuizen en Joanie Meiring; Pikkie Louw (orrelis); Maureen Voigt (dataprojektor) en Marius le Roux (koster). Maureen Voigt en Antonette Walters het die foto’s geneem. Die dames was dit eens dat die byeenkoms as ‘n persoonlike hoogtepunt ervaar en beleef is.   

Hardus Botha

Leerder-afgevaardigdes met vlnr Gansbaai Academia se me Liezel Mostert, Kelly Swarts, Peron Barends, Erika Swart en Monica de Gouveia, saam met Gansbaai Primêr se Pamela Poswayo, Heidré Loff, Leoné Theunissen en me Ellen Dunsdon. 

Strome water in die Woestyn

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles