Speelskool opgewonde oor klere

Speelskool opgewonde oor klere

Gansbaai Courant

SHARE (Social Help Animal Rehabilitasie & Restourasie Education [ECB]), het onlangs weer eens 18 hartjies van Beverley Hills se Speelskooltjie baie bly gemaak. Kos word gereeld daar afgelewer, terwyl Gansbaai Superspar daagliks 20 brode as ‘n donasie skenk.

Op Vrydag, 28 Februarie 2014 het die 18 kleutertjies nuwe hempies en ‘n sakkie met nog klere ontvang omdat hulle die speelskool van die begin af elke dag bygewoon het. Die klere en pakkies is deur die Klein Karoo Bronne Sentrum geborg. Die 3 onderwyseresse is studente wat tans vir pre-primêre onderwys studeer, met hulle kostes wat ook deur Klein Karoo Bronne Sentrum geborg word. “Die studente werk baie hard en sonder enige vergoeding as gevolg van ‘n tekort aan fondse,” sê Marie Reid, een van die ondersteuners. “Baie dankie aan almal wat omgee en hul ondersteuning aanbied om ‘n goeie opvoeding vir die kinders te verseker.”

Navrae oor die Speelskooltjie in Beverley Hills, of belangstellendes om te ondersteun, kan vir past Frikkie Zeelie by 082-498-6992 skakel.

Hardus Botha

Speelskool opgewonde oor klere

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles