Silwerjare geniet Wolseley vrolikheid

Silwerjare geniet Wolseley vrolikheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is Marensia Haasbroek en Jacoba Europa met die groot groep Wolseley kuiergaste

Die bejaardes van Silwerjare Dienssentrum is onlangs met ‘n welwillendheidsbesoek deur Wolseley se bejaardes verras. “En was dit nou ‘n aangename kuier gewees wat ons terdeë geniet het,” vertel Jacoba, Bestuur-der: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum.

Marensia Haasbroek, koördineerder van Wolseley se Badisa Sentrum, het hulle bejaardes vir 2 dae na Uilenkraalsmond gebring - vir ‘n “vakansietjie”, in totaal 54 van hulle met ‘n toerbus. “Ons het dit as ‘n welverdiende uitstappie gereël, met meeste van die bejaardes wat Gansbaai nog nooit gesien het nie,” sê Marensia. Hulle besoek aan Silwerjare Dienssentrum was ‘n hoogtepunt. Hulle het gesels, gekuier, gedans, gesing en sommer ‘n toneeltjie ook opgevoer. “Ons het hulle verskriklik geniet en kan nie uitgepraat raak oor die besoek nie,” sê Jacoba.

Die groep is deur twee bejaardes, Piet Jacobs en Cornelia Cloete bedank, waarna koek en tee geniet is. Jacoba het saam met hulle gery om ‘n paar plekke aan hulle uit te wys. Onder andere het hulle Gansbaai hawe besoek waar hulle terstonds die aand se vis gekoop het om te gaan braai. Sy is ook saam na Fish Lady waar hulle die volgende dag se kos bestel het. Daar is Jacoba, Marensia en nog ‘n lid vriendelik met gratis vis en skyfies bederf. Ná die rondryery is die groep vrolike bejaardes terug na Uilenkraalsmond vir hulle visbraai en “om onder die bome te gaan dans dat die stof so staan”! 

Hardus Botha

Silwerjare geniet Wolseley vrolikheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles