Soos die vark of die hoender

Soos die vark of die hoender

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sovêr julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (Mat 25:40) 

Jy ken dalk die storie van die vark en die hoender wat by die slaghuis verbystap en daar is ’n bordjie wat sê: “Spek en eiers te koop.” Die hoender sê: “Kom ons stap binne en maak ‘n bydrae.” “Nee,” antwoord die vark dadelik , “jý maak ’n bydrae, maar ék raak betrokke!”

Die lewe van Jesus op aarde bewys dat Hy ’n groot deernis met die wat honger, dors, eensaam, sonder klere, siek of verstote was. (Lees Matteus 25:31-46). Jesus het vir alle sondaars omgegee – selfs die laagste deel van die bevolking,  prostitute, bedelaars, melaatses, die verstote Samaritane - ja almal wat Sy pad gekruis het. Daarom verwag Hy ook dat ons uit eerbied vir GOD en uit dankbaarheid oor wat ons ontvang het, ons hande na mekaar uit te steek en te troos, te bemoedig en te help waar ons kan. Elke keer wanneer ons goed doen aan iemand, het ons dit eintlik aan Jesus gedoen!

Dis hier waar die storie van die hoender en die vark inkom. Jy kan maklik jou bydrae lewer deur die R10 of die brood of die kombers wat jy aanbied – dit is jou bydrae. Dis heeltemal ’n ander saak om betrokke te raak. Jesus sê jy moet self die sieke gaan besoek, die vreemdeling huisvesting gee en die een in die tronk besoek. Dit gaan hier om omgee, persoonlike aandag – waar ons met die deernis en liefde van Jesus aan mekaar raak met ons hande en ons harte. Dan raak ons eintlik aan Hom!

Kom ons verduidelik dit in ons eie tyd: Dit help nie ons hou aan om net kos en klere uit te deel aan almal wat nood het nie. Ons moet in hulle huise en lewens instap en kyk of ons nie betrokke kan raak met die raad en wysheid van Jesus nie. Kom ons leer die armes om beter met hulle finansies te werk – ons mors almal maklik met geld deur onoordeelkundig te koop, duur televisiekontrakte te betaal, te rook en tydskrifte te koop waarsonder ons kan klaarkom. Kom ons begin om mense te leer om self die visstok te gebruik waarmee hulle kan visvang – eerder as om net visse uit te deel. Natuurlik sal ons nog baie keer kos, klere en elektrisiteit gee – waar ons die nood sien en deur die Gees gelei word om wys op te tree.

Hierdie opdrag van Jesus kan ons nie ligtelik opneem nie. Hy waarsku ook dat as ons dit NIE doen nie, ons dit ook nie aan Hom gedoen het nie. Mag die Heilige Gees ons almal lei om met wysheid in Gansbaai by mekaar betrokke te raak!

Soos die vark of die hoender

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles