Zula kry sy Vis

Zula kry sy Vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

André Wagenaar van Franskraal met die 10kg steenbras wat sy hond, Zula, eie-potig gevang het en dit hier met ‘n wakende oog dophou

Zula, ‘n bekende honde-persoonlikheid op Franskraalstrand, se “elke hond kry sy dag” het uiteindelik aangebreek. Zula se dag het gekom toe hy eie-potig ‘n 10kg steenbras in die vlak water in die riviermond by Uilenkraalsmond “aangekeer” het.

“Almal ken vir Zula as die groot swart hond wat so graag swem,” vertel André Wagenaar van Franskraal, eienaar van Zula. Hy sê oplettende persone sou al agtergekom het dat Zula gereeld besig is om vissies in die vlak water te jaag. “Sowat 2 jaar gelede het hy daarin geslaag om ‘n hardertjie in een van die strandpoeletjies te vang en sedertdien is hy ‘n entoesiastiese hengelaar.”

Op Saterdagoggend, 15 Maart omstreeks 06:30 het André en Zula oudergewoonte saam met ‘n besoekende kunstenaar van Gauteng, Johan Kok, hulle strandstap vanaf Franskraal, oor Uilkraal Riviermond na Die Gruis en terug aangepak. Reeds vanaf die wegtrek het Zula deur elke poeletjie gedraf - op soek na vis en André vertel toe vir Johan dat die hond op daardie wyse probeer om vis te vang. “Ek het nie veel reaksie van Johan gekry nie, aangesien hy seker gedink het dit is net nog ‘n visstorie om Gautengers mee te vermaak,” vertel André.

“By die riviermond draf Zula ‘n ent vooruit en skielik sien ek dat hy in die vlak water op iets afstorm en daarna hap.” Hy het eers gedink dit is ‘n stuk bamboes waarmee Zula speel. Dit was uitgaande gety en die hond het stroomaf van die voorwerp gestaan, terwyl dit teen sy voorpote vasspoel. “Ons het rustig nadergestap, maar toe sien ek die visstert wat in die vlak water klap,” vertel André. Hy het nader gehardloop en die vis deur sy kiewe gegryp, met ‘n entoesiastiese Zula wat rondtrippel en ‘n verdwaasde Gautenger wat die spulletjie gadeslaan.

“Gelukkig was daar ‘n mede-Franskraler wat die hele petalje gesien het anders sou niemand vir my, my hond of die Gautenger geglo het nie!” Maar die storie is nog nie klaar nie... Hy stap toe huis toe met die spartelende vis en ‘n al-springende Zula. Tuis aangekom, word die steenbras op die skaal gegooi - ‘n hele 10kg - Zula se rekordvis! “Terwyl ek buite besig is, hoor ek Johan se vrou in die huis vertel telefonies aan iemand dat die mense hier so baie visse vang, aangesien ek die vorige week 3 steenbrasse gevang het,” sê André. Hy sê dit het geklink asof die persoon, iewers in Gauteng, baie skepties is en vir bewyse vra. “Ek wys haar toe Zula se vis, waarvan sy onmiddelik ‘n foto neem en dit ‘n paar minute later aan die skeptikus stuur, met die volgende boodskap aan hom: ‘Dit is die klas van visse wat die honde hier by hulle vang!”

 Hardus Botha

Zula kry sy Vis

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles