Franskraal Belastingbetalers en Inwonersvereniging

Franskraal Belastingbetalers en Inwonersvereniging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die komitee vir 2014 is verkies en is as volg :  Die BBV van Franskraal het ten doel om as skakel te dien tussen inwoners en die plaaslike owerheid en waar nodig die behoeftes van inwoners en tekortkominge in dienste deur die plaaslike owerheid,onder die aandag van die munisipaliteit te bring. Die BBV is dus ‘n saamstaan aksie en alle inwoners van Franskraal word hartlik uitgenooi om by die vereniging aan te sluit. Jaarlikse ledegeld beloop R40 p.p en hoe groter ons ledetal is, hoe meer word die komitee bemagtig om verteenwoodigend van almal te wees. Inwoners word uitgenooi om enige probleme by enige van die onderskeie lede aan te meld.

Projekte vir 2014: Begrotingsaangeleenthede en munisipale heffings; Strate en sypaadjie onderhoud en Melkhoutwandelpad en die voëluitkyk in Juliastraat.

Vir ‘n hele aantal jare is die Groot Melkhoutwandelpad ‘n trotse bewarings projek van Franskraal en is daar baie gedoen om die wandelpad te verbeter en meer aantreklik vir besoekers te maak.  Ons beoog om nog meer verbeterings aan te bring en ook meer inligting aangaande die bome en plante vir wandelaars beskikbaar te stel.  Onlangs het die munisipaliteit ‘n houthut aan die rand van die vlei opgerig om as ‘n voëlkykskuiling te dien.  Die ontwikkeling van dié nuwe toevoeging tot ons omgewing is egter die komitee se verantwoordelikheid en ons het reeds samesprekings met mnr. Peter Hochfelden van die Stanford Bird Club gevoer om te bepaal hoe ons die projek gaan aanpak.  Hulle hulp en kennis is baie belangrik en ons sal beslis plaaslike insette ook waardeer.

Frankraal BBV wil sy opregte dank aan die Stadsraad, Mnr Kat Myburg en personeel uirspreek vir die uitmuntende diens wat gelewer word. Ten spyte van moeilike tye word ons dorp en woongebied altyd skoon en netjies gehou en is dit ons trots om die lofprysing van vakansiegangers en besoekers, aan te hoor. 

Vir vedere inligting besoek ons webwerf www.franskraalratepayers.com

Franskraal Belastingbetalers en Inwonersvereniging

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles