Sleep vlerk met STANFORD by sy FLAIR FOR A FAIR

Sleep vlerk met STANFORD by sy FLAIR FOR A FAIR

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die langnaweek 21 – 23 Maart gaan die Overbergse dorpie Stanford stadsjapies behoorlik wys hoe ‘n plattelandse dorp kan feesvier met ‘n kombinasie van toeka en vandag se pret en plesier by die STANFORD VILLAGE FAIR.

Die naweek skop Donderdagaand af met ‘n Jazz Soiree by een van Stanford se nuutste eetplekke, Don Gelato (‘n regte egte Italiaanse gelato-winkel met eienaars wat pas uit Venisië geëmigreer het).  Dit is ‘n ontspanne swing jazz-program uitgevoer deur Stanford se hoogs-begaafde plaaslike sangers, ‘n ongelooflike saksofoonspeler en klawerbord. Vir diegene wat dit nie Donderdag kan bywoon nie, is daar gelukkig nog ‘n kans om Vrydagaand hierdie moenie-misloop-nie geleent-heid by te woon. Vrydagoggend bied Coffee Corner vanaf 09:00 ‘n gesellige sjampanje-ontbyt aan om feesgangers in die regte luim te kry. Die res van die dag behoort aan die visuele kunste met ‘n interessante “geluidlose” veiling.  Ongetekende werke van plaaslike kunstenaars sal vanaf 10:00 by The Stanford Table besigtig kan word en alle werke dra ‘n minimuprys van R500.  Belangstellende kopers kry ‘n plakker wat hulle op daardie kunswerk kan plak wat hulle graag wil koop, en kan terselfdertyd ‘n hoër aanbod in die meegaande koevert sit, veral indien daar meer as een plakker op dieselfde kunswerk is.  Na die amptelike opening van Stanford se Kunsroete om 18:00 sal elke skildery aan die hoogste bieër toegeslaan en deur die kunstenaar geteken word.  Diegene wat die kunstenaars beter wil leer ken kan Saterdag deur Stanford se historiese strate wandel en met die kunstenaars aan’t huis kennis maak (en sommer koekeloer na die voëlverskrikkers wat vir die hele maand in Stanford se tuine die verbygangers gaan beloer!).

Saterdag se feestelikhede vind plaas op Stanford se markplein, ‘n geproklameerde erfenisterrein a.g.v. sy onontwikkelde status. Stanford is bekend vir sy uitstaande kosstalletjies, en saam met die wyn- en bierproestalletjies sal niemand honger of dors hoef te gaan slap nie!  Vir die fikses sal daar ‘n pretdraf wees, terwyl kinders vermaak sal word met outydse boeresportspelletjies, ‘n hondevertoning en nog vele meer.

Die klassieke motorskou in die middag sal menige man en vrou laat wonder of hulle nie lank terug met verkeerde motor-entoesias vlerk gesleep het nie... dalk was daardie rooi MG joune en nie iemand anders s’n nie!

Om die aand af te sluit gaan die bekende Kaapse orkes Late Final letterlik die voete laat juk en die heupe laat swaai.  Alhoewel die lede van die orkes nie meer vandag se kinders is nie, is hulle repertoire gewild onder jonk en oud.  Beslis ‘n groep wat die fees op ‘n hoë noot gaan laat eindig.  En dan is daar natuurlik nog altyd Stanford se unieke winkeltjies waar mens ure lank kan rondsnuffel....

Vir Kaartjies & Inligting kontak: ask@stanfordinfo.co.za

www.stanfrodtourism.co.za

www.facebook.com/stanfrodtourism

Sleep vlerk met STANFORD by sy FLAIR FOR A FAIR

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles