Nood vir Katte

Nood vir Katte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek en vriendin, Wendy Young wat hier op vakansie was, het ‘n baie groot projek aangepak - insameling van fondse vir die sterilisasie van katte,” sê Marie Botha van Uilenkraalsmond Vakansieoord. Sy is ‘n groot diereliefbebber en sien al vir die afgelope 5 jaar om na die wilde en rondloper katte in die oord. Sy voed hulle gereeld en sien selfs om na wyfies met kleintjies, “want ons het die katte nodig in die oord vir die vang van muise en dies meer.” Sy sê die katte het intussen hopeloos te veel geraak en hulle het met ‘n fondsinsamelingsprojek begin om die katte te laat steriliseer, maar ook vir ‘n voedingskema. Hulle eerste mikpunt is reeds bereik met die sterilisasie van 20 katte in Februarie vanjaar. “Ons het donasies selfs van so ver as Nebreska en Amerika ontvang en ons fondse staan op R22,200,” sê Marie.

“Ons vra nie net geld nie, maar ook ander vorme van hulp en het groot hulp vanaf dierebeskermingsverenigings in die Kaap en Hermanus ontvang.” Nou wag daar nog sowat 250 katte wat gesteriliseer moet word. Marie sê die Animal Rescue Organisation in die Kaap is bereid om met hul mobiele voertuig vanaf 7 tot 11 April (voorlopig) na Uilenkraal te kom en hulle steriliseer die katte teen R250 per kat. Hulle beskik ook reeds oor 20 vanghokke vir die katte en wil met ‘n voedingskema die katte gewoond maak aan die omgewing waar die hokke geplaas gaan word.

“Behalwe vir finansiële bydraes, benodig ons ook bereidwilligers om met middag- en aandetes vir die 5 tot 10 persone wat vir die tydperk daar gaan wees, te help,” sê sy. Hulle benodig ook fondse vir mediese behoeftes. Marie het ‘n volledige skrywe met motiveringe opgestel wat op aanvraag beskikbaar. “Hierdie is werklik ‘n noodsaaklike projek en as soveel mense van heinde en verre al tot die projek bygedra het, glo ons dat Gansbaaiers ook van hulle sal laat hoor,” sê sy.

Bankbesonderhede vir bydraes is:
Capitec Bank; Takkode - 470010;
Naam en nommer van rekening - Frans Ferals, 137 331 2554.

Marie Botha kan by 082-801-8014 of 028-384-0406 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by bookings@whalewatchsa.com. 

Hardus Botha

Nood vir Katte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles