Jack se omgee vir Gansbaai

Jack se omgee vir Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Anita Botha, Eveleyn Ndlebe, Jack Doyle, Nontsokolo Mani (skoolhoof) en Margi Muller by Masakhane Primary School, tydens Jack se besoek aan die skool

Jack Doyle en sy eggenote, Anita van Chester Le Street, Engeland, is lankal reeds gewilde bekendes in hierdie omgewing. Hulle kom reeds vir die afgelope sowat 11 jaar na Gansbaai en het hule harte hier verloor. Dit bewys hy ook deur middel van vele projekte wat hy, met behulp van Steve en Margi Muller van Franskraal, al hier aangepak het. Sy aanvanklike betrokkenheid het by Silwerjare Dienssentrum begin, met etlike skenkings op verskillende wyses. Gedurende 2013 het hy ‘n groot projek aangepak vir die bou van ‘n onderdak-verbindingsgang tussen Silwerjare en Oak Grove Nasorgsentrum, ‘n projek wat vinnig voltooiing nader. Vir die nodige fondse het Jack ‘n fondsinsamelings-funksie in Engeland gereël, waartydens £2,200 ingesamel is, met ‘n verdere bydrae van £300 deur Banks Group in Engeland.

Vanjaar het hy selfs by Gansbaai Primêr in Blompark betrokke geraak, met beloftes van oorsese hulp. Nou het hy ook ‘n aanbod om hulp aan Masakhane Primary School gemaak. Margi Muller en Anita Botha is aktief by die skool betrokke met die aanbied van Lyndansklasse, met die goedkeuring van die skoolhoof, Nontsokolo Mani. Dié twee dames het met ‘n handjievol leerders begin, wat intussen na sowat 23 uitgebrei het. Een van die entoesiastiese onderwyseresse, Eveleyn Ndlebe, het intussen ewe passievol by die Lyndansklasse betrokke geraak.

Tydens ‘n onlangse oefensessie is Jack saamgenooi, nadat hy aan Margi genoem het hy wil ook daar betrokke raak. Suksesvolle gesprekvoeringe het plaasgevind, waaroor die skoolhoof baie opgewonde is. Hy het haar meegedeel dat daar heelparty mense in Engeland is wat bereid is om met sy projekte te help. Voorwaar ‘n Engelsman met ‘n sagte hart vir Gansbaai en omgewing, waar hy ook ‘n bekende gesig op die gholfbaan is.

Hardus Botha

Jack se omgee vir Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles