VLV Nuus

VLV Nuus

Gansbaai Courant

Agterste ry: Lorraine du Toit, Hermien van Zyl, Cornie Swart, Annatjie Liebenberg, Rienie Lüdick. Voor: Mev N Guthrie-Botha en VLVK president Mev Erika Lubbe

Na 'n jaar se beplanning, organiseering, rondhardloop en baie baie tyd, het Sirkel Overberg se 81ste Konferensie uiteindelik aangebreek op 11 Maart 2014. Toe ons vroegoggend die  saal instap, was dit 'n fees vir die oog om te aanskou, Lorraine en haar dames het gesorg vir die versierings en opmaak van die saal,  hulle het hulself behoorlik oortref.

Dit was elegant, stylvol en prentjie mooi. Ons het sowat 130 dames en 'n paar here gehad wat die glans geleentheid bygewoon het. 24 Afgevaardigers van 8 Sirkels, bestaande uit Bredasdorp, Caledon, Gansbaai, Grabouw, Hermanus, Jongensklip, Kleinmond en Villiersdorp het hulle takke verteenwoordig. 

Dit was ook vir ons 'n vooreg om Die Burgemeester, me N Guthrie-Botha, Raadslid Pieter Scholtz en sy vrou Ans, mnr Kat Myburgh van Overstrand Munisipaliteit , Cornie Swart, president van Agri Weskaap, me Erika Lubbe, VLVK-president en haar man Danas, me Lydia Geldenhuys, ere-president van Overberg Sirkel, me Louwna Hoving, VLVK se argivaris en me Caro Ekermans, sirkelpresident  van Tygerberg-sirkel by ons te verwelkom. 

Die oggend het afgeskop met 'n verrykende boodskap deur Pastoor Frikkie Zeelie, item gelewer deur Dirk en Eva Buchner, verwelkoming van eregaste en groete boodskappe van me N Guthrie-Botha en mnr Cornie Swart. Dit het gevolg met 'n Dekor praatjie en demonstrasie wat gelewer  is deur Louise Bruwer en haar assistent Elnette Viljoen van Lu-dal Interior Kleinmond. Wie kon dink dat stoele soveel merkwaardige vroue van die Bybel kon simboliseer. Net voor middagete het VLV Gansbaai die groot voorreg gehad om twee trofees te oorhandig aan mnr en mev C Van Rensburg, OK Foods Gansbaai en Chrizulene Van Niekerk van Gansbaai Superspar (De Wet en Morkel Van Niekerk) vir uitmuntende diens en ondersteuning aan ons tak. 

Na 'n uitstekende  middagete opgedien deur Annatjie en  Jolanda Liebenberg, het Matt Human die dames se voete behoorlik aan die dans gehad met sy sang . Na nog verskeie VLV sake afgehandel is, is die oorhandiging van die konferensie trofees deur Corrie Fourie en Mev Erika Lubbe waargeneem. Die Presidents Trofee is aan Gansbaai Tak oorhandig, en is met trots ontvang.

Gansbaai VLV wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende borge hartlik te bedank vir hulle bydraes, ondersteuning en hulp. Sonder hulle  en ons lede, sou hierdie konferensie nie 'n sukses kon wees nie.

OK Foods, Superspar, Meadow Sweet, Overstrand Munisipaliteit, Newton Johnson Wines Hermanus, Villet& Pit-zer, Lorraine Germis-huys, Anna Germsihuys, Christie Groenewald, Margaret Wessels, Wilfred Chivell van Dyer Island Cruises en Fashion Furniture vir die leen van die bed vir ons Interior demonstrasie. Baie baie dankie, dit word opreg waardeer. Aan al die lede, wat agter die skerms gewerk het, my innige dank, en dan laaste maar beslis nie die minste nie, die Bestuur, wat 'n vooreg om saam so 'n klomp entoesiatiese  dames te kan saamwerk, baie dankie. Baie dankie ook aan Marius die koster en die dames in die kerkkantoor vir al julle hulp. Dankie aan ons Hemelse Vader, wat Sy Hand oor die afgelope jaar se reëlings gehou het, en vir Sy wonderlike Seën tydens die jaarlikse konferensie.

VLV Nuus

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles